‘n Verbyganger in Zondi het gesien hoe ʼn pasgebore baba deur twee honde rondgesleep word, het die Gauteng-polisie Sondag gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 7 Desember 2014
Korkie: Regering betuig simpatie
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Sondag hulle medelye met die Korkie-familie uitgespreek.
“Verwyder Phiyega uit haar amp” – DA
Die Demokratiese Alliansie (DA) het versoek dat Riah Phiyega uit haar amp as nasionale polisiekommissaris verwyder word.
Valke swyg oor Libiese triljoene in SA
Die Valke wou nie kommentaar lewer op berigte dat ondersoek ingestel gaan word na Libiese bates wat in Suid-Afrika gestoor word nie.
Dewani-uitspraak binnekort bekend
Die Britse sakeman Shrien Dewani sal na verwagting Maandag uitvind of sy aansoek om ontslag ná sy vrou se moord suksesvol was.
Zuma vereer SANW-offisiere wat Mandela help
Pres. Jacob Zuma het Sondag medaljes oorhandig aan die SANW-offisiere wat na voormalige president Nelson Mandela omgesien het en gehelp het met sy begrafni
Man vas wat lyk in stormwaterpyp druk
ʼn Man is gearresteer toe hy gevang is terwyl hy ʼn lyk in ʼn stormwaterpyp in Newtown, Johannesburg probeer druk het.
Beampte glo geboelie om bedrog te pleeg met Mandela-roudiens
ʼn Amptenaar van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap wat aangekla word van bedrog wat verband hou met Nelson Mandela se roudiens, beweer sy is geboelie om vorms te teken, berig City Press.
Onwettige EFF-plakkers moet ontruim
Ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) wat onwettig op die plaas Bultfontein, noord van Pretoria plak, moet teen Maandagmiddag die grond ontruim.
Vrou in maag geskiet tydens kaping
ʼn Vrou is Sondag in die maag geskiet toe sy en haar twee passasiers in Johannesburg gekaap is.
KwaZulu-Natal: Een dood, 14 beseer in ongelukke
ʼn Vrou is Saterdag dood en 14 mense beseer in twee afsonderlike ongelukke in KwaZulu-Natal.
Gesondheidsdept ignoreer bloed in strate
Die Gesondheidsdepartement steur hulle nie aan menslike bloed wat uit die Kuruman-staatshospitaal in die straat inloop nie. Dit hou ernstige gesondheidsgevare vir die dorp se inwoners in en moet dringend opgelos word.
Gedagte vir die dag: Jy het ’n toekoms!
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. (2 Kor 4:18)