Rainer Wellmann, ʼn 23-jarige klubrugbyspeler van KwaZulu-Natal, is Saterdag tydens ʼn jaguitstappie saam met vriende op ʼn plaas doodgeskiet.
Alles vir Maandag 8 Desember 2014
Kleuter sterf in fratsongeluk
ʼn Tweejarige kind is Maandagoggend in Ficksburg in die Vrystaat tydens ʼn fratsongeluk met ʼn trekker dood.
Drie kinders verdrink in Noordwes
Drie kinders het in ʼn swembad in Mahikeng in Noordwes verdrink.
10 sterf in Noordwes-botsing
Tien mense is dood en drie mense kritiek beseer nadat twee motors buite Mahikeng in Noordwes gebots het.
Beurtkrag steeds in plek
Eskom het Maandagoggend weer met beurtkrag begin, het ʼn woordvoerder gesê.
Blaffende hond fnuik glo Korkie-reddingspoging
ʼn Blaffende hond het glo die Amerikaanse Seals se teenwoordigheid verklap tydens hul poging om die Suid-Afrikaner Pierre Korkie en Amerikaanse fotojoernalis Luke Somers van Al-Kaïda-militante te bevry, het Beeld Maandag berig.
Nuuskommentaar: Pierre Korkie en die terroriste
Enkele weke gelede is Suid-Afrikaners verenig in gebed dat die ontsette buitelandse gyselaar in Jemen, die Suid-Afrikaner Pierre Korkie sou wees. Die hoop het egter beskaam, maar die aandag was weer gevestig op die lot van Korkie, en die groot spanning op sy gesin in Suid-Afrika.
Maroela Media Top 20 8 Desember 2014
Hier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Daar is 11 liedjies wat styg, ses wat daal een in dieselfde plek as verlede week en twee nuwelinge.
Baba op snelweg: Ma se psigiatriese verslag gereed
Die Vereeniging-landdroshof gaan na verwagting Maandag die psigiatriese verslag ontvang van die 19-jarige ma wie se babaseuntjie vroeër vanjaar op die N1 naby die Grasmere-afrit gestap het.
Nuwe vrystellings: 5 Desember 2014
Nuwe vrystellings wat vanjaar nog ‘n kans het om Maroela Media se Top 20 te haal.
Boek: Witwatersrand
Vanjaar is die 50ste herdenking van Wilbur Smith se eerste roman, “When the lion feeds”. Die roman is steeds in druk en is wêreldwyd in meer as 20 tale gepubliseer. Die boek is in Afrikaans beskikbaar as “Witwatersrand”.
Zoeloe-koning glo bankrot
Koning Goodwill Zwelithini is bankrot en kan nie eers bekostig om kruideniersware vir sy huishouding, wat ses vroue en 27 kinders insluit, te betaal nie, het die Sunday Times berig.
Gemeenskap vermoor ‘rower’
ʼn Man is deur gemeenskapslede doodgeslaan nadat hy glo ʼn paartjie van kontant en selfone beroof het, het die polisie in Limpopo gesê.
Pierre Korkie: ‘Ons kies om te vergewe,’ sê Yolande
Yolande Korkie het haar stilte gebreek nadat haar man, Pierre, Saterdag tydens ʼn mislukte reddingspoging in Jemen doodgemaak is.
Gedagte vir die dag: Twee uiterstes
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, wat is die mens dan dat U aan hom dink? U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. (Ps 8:4-6)