Albert kom agter dat sy suster Marlie skielik vreemd optree. Sy is vriendelik. Baie vreemd vir ’n sestienjarige ousus. Dan is daar nog die skoolboelie wat hom afknou, ’n ouma wat nie altyd normale gedrag toon nie, ’n pa wat te hard werk, en die moontlikheid dat sy ma nie dood is soos wat hy aanvanklik gedink het nie… ‘n Lokprent vir die boek volg onderaan die berig.
Alles vir Woensdag 10 Desember 2014
Man jaag met gesteelde kar in polisiestasie vas
ʼn 20-jarige man van Nieu-Seeland wat onder die invloed van alkohol was, het glo Woensdagoggend in die vroeë oggendure ʼn motor gesteel voordat hy in ʼn baksteenmuur van die Auckland-polisiestasie vasgejaag het.
Ma, kinders dood toe ambulans omslaan
Drie pasiënte van ʼn hospitaal is Dinsdag dood en vier persone is beseer toe hul ambulans op die N2 naby Mthatha in die Oos-Kaap omgeslaan het.
Oscar Pistorius: Uitspraak in appèlverhoor verwag
Regter Thokozile Masipa sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof haar uitspraak lewer in die staat se aansoek om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding en vonnis.
Gedagte vir die dag: ’n Lig vir die nasies
Die Here het my ’n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen. Hy het gesê: Ek maak jou ’n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik. (Jes 49:5-6)