Die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown gaan aansoek doen om te appelleer teen die appèlhof se besluit om hom tot 15 jaar tronkstraf te vonnis vir bedrog, het Mail&Guardian berig.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 Desember 2014
Verdagtes ontsnap ná hulle polisie beroof; in vangwa druk
Twee mans wat glo verlede maand polisiebeamptes helder oordag in Midrand, Gauteng van hul vuurwapens beroof en agter in hul eie vangwa geboender het, het Woensdag ontsnap.
Tronksjef in hof oor dagga
ʼn Sjef van Mpumalanga het Donderdag in die Tonga-landdroshof verskyn op aanklag dat hy dagga aan gevangenes voorsien het.
Kraaifontein-lyke: Vier mans uitgeken
Die Wes-Kaapse polisie het Donderdag gesê vier van die ses mans wie se lyke Woensdag in ʼn veld naby Kraaifontein gevind is, is geïdentifiseer.
Kragkrisis: Vyfpuntplan aangekondig
Die kabinet het ʼn vyfpuntplan aangekondig om die elektrisiteitskrisis te hanteer en het ʼn “tegniese beheerkamer” op die been gebring om die plan uit te voer.
Afghanistan-aanval: Groenewalds se liggame terug in SA
Die liggame van die vermoorde Werner Groenewald en sy twee kinders is terug in Suid-Afrika.
Tesourie gaan beheer neem van SAL
Die minister in die Presidensie, Jeff Radebe, het vandag aangekondig dat die nasionale tesourie gaan beheer neem van Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).
Kaapse onnie ontbloot hom in openbaar
Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn voorval waar ʼn onderwyser van Kaapstad homself glo voor ʼn vrou in die Tokai-woud ontbloot en gemasturbeer het. Die vrou, Chantelle Visser, is ʼn plaaslike fotograaf wat Sondag by die woud was om ʼn fotosessie te doen.
Tuisonderrig laat jou kind se natuurlike talente blom
Die Amerikaanse oudonderwyser en skrywer John Taylor Gatto, een van die groot name in literatuur oor moderne onderwys, glo dat tuisskool ’n oplossing bied vir die meeste probleme wat tans met die tradisionele model verband hou.
Tuisonderrig: Wat ’n ouer moet weet
Oorweeg jy om jou kind tuis te onderrig? Kom ons kyk na die voor- en nadele tussen die tradisionele skoolmodel en tuisonderrig.
Tegnologie, leer en ons kinders
Die wêreld waarin ons kinders leef, lyk heeltemal anders as dié van vorige generasies. Een van die grootste verskille is dat hulle meer toegang tot tegnologie het.
Die belangrikheid van lees
Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat ’n kind nodig het om sukses te behaal, op skool én in die lewe.
6 padwerkers sterf toe trok hulle tref
Ses padwerkers is Donderdagoggend dood toe ʼn swaarvoertuig op die R26-pad naby Ladybrand in die Vrystaat in hulle ingeploeg het.
Priesterskind in veiligheidskompleks vermoor
Die dogter van ʼn priester van Pretoria is Woensdag in haar huis in ʼn veiligheidskompleks in Midrand, noord van Johannesburg, beroof en vermoor.
Nuuskommentaar: Stilte in die hof!
Die Suid-Afrikaanse howe was vanjaar verskeie kere met hoëprofielsake in die nuus. Onder die sake wat die meeste aandag getrek het, is die Oscar Pistoriussaak, die Griekwastad-moorde en die uitspraak van die Shrien Devani-saak…
Goeie nuus: Slimkop-Matie ontvang twee top toekennings
Die 24-jarige Thomas Weighill van die Universiteit van Stellenbosch (US) het vandag tydens ʼn gradeplegtigheid twee van die universiteit se top akademiese toekennings onvang.
Geen beurtkrag vir Donderdag beplan
Eskom het gesê daar word sover geen beurtkrag vir Donderdag beplan nie.
Kaapstad-tiener by skool doodgesteek
ʼn 15-jarige seun van Matroosfontein in Kaapstad is Woensdagoggend by ʼn skool in die stad met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.
Goeie Nuus: Theunis Nel sterk aan
Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, het gister vir die eerste keer in ʼn rolstoel gesit nadat hy op 10 November in ʼn ernstige motorfietsongeluk betrokke was.
Beurtkrag laat bejaardes gestrand
Bejaardes van ʼn ouetehuis in Brakpan, oos van Johannesburg, moet noodgedwonge trappe klim nadat beurtkrag die agt verdieping hoë gebou se hysbak onklaar gelaat het, het Beeld Donderdag berig.