Ses woonstelle moes Saterdag in Nederland ontruim word nadat ʼn hyskraan omgeval het toe ʼn man sy nooi wou vra om met hom te trou.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Desember 2014
Wateronderbrekings vir KZN voorspel
Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal het gewaarsku dat sy inwoners binnekort wateronderbrekings kan verwag.
Metropolisielid sterf in skietery
ʼn Metropolisiebeampte is Vrydag in Meadowlands in Gauteng dood tydens ʼn skietery met vermeende kapers.
Drie vermeende stropers doodgeskiet
Drie vermeende renosterstropers is doodgeskiet en drie verdagtes is die afgelope week in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
Twee dood na treine hulle tref
Twee mans is onderskeidelik Vrydag en Saterdag in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal dood nadat treine hulle getref het.
Numsa nie ʼn politieke party
Hoofsekretaris Irvin Jim het gesê die vakbond Numsa sal nie ʼn politieke party word nie.
Foto’s: Vrystaat-busongeluk eis 4
Minstens vier mense is naby Welkom in die Vrystaat dood toe ʼn Interkaap-bus in ʼn stilstaande vragmotor vasgery het.
Video: Emosionele kleuter baie gewild
ʼn Video van ʼn kleuter wat haar inleef in ʼn fliek is reeds meer as 6.4 miljoen keer op YouTube gekyk.
44 000 Chinese vas oor dwelmhandel
Die Chinese nuusagenskap, Xinhua, het bekend gemaak dat 44 000 Chinese reeds in die anti-dwelmveldtog wat twee maande gelede begin het, aangekeer is.
Eenjarige verdrink in Boksburg-swembad
ʼn Eenjarige seuntjie het Vrydagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Boksburg verdrink.
Video: Beurtkrag kan voedselproduksie knou
Rolspelers in die landboubedryf het met Eskom vergader oor die reuseimpak wat beurtkrag moontlik op voedselproduksie kan hê.
Drie gaan sit oor paartjie se moord
Drie mans is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Chris Jooste en sy vrou Katrien wat in November 2011 in ʼn besige straat in Soshanguve doodgeskiet is.
Video: Haai-kabel in Kaapstad getoets
Op die Glencairn-strand in Kaapstad word ‘n elektriese kabel as ‘n haai-afrskrikmiddel getoets.
Winnie soek Malema terug in die ANC
Winnie Madikizela-Mandela, ANC-struggleveteraan, het die anargie in die parlement veroordeel, het die SAUK Vrydag berig.
Kragprobleme is apartheid se skuld, sê Zuma
Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme is ʼn produk van apartheid en die regering kan nie beskuldig word vir die huidige kragonderbrekings nie, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.
Gedagte vir die dag: God gee rus
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matt 11:28-30)