Die EFF is vol vertroue oor sy prestasie in die 2016 plaaslike verkiesing en het Sondag die ANC gewaarsku dat sy dominansie bedreig word.
Lees meerAlles vir Sondag 14 Desember 2014
Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014
Rolene Strauss, Mej. Suid-Afrika 2014, is Sondag tydens ʼn glansgeleentheid in Londen, Engeland, gekroon as die nuwe Mej. Wêreld.
Eskom: Personeel met vakansie; verwarring oor beurtkrag
Altesaam 13 000 werkers by Eskom se Medupi-kragstasie is op pad huis toe vir die Desember-vakansie te midde van die regering en die maatskappy se probeerslae om die jongste ronde beurtkrag te verduidelik, het die Sunday Times berig.
Boer beskuldig Sasol van besoedeling
Sasol ontken bewerings deur ʼn veeboer in Secunda dat die maatskappy water besoedel het en dit tot die afsterwe van 60 vee gelei het, het die City Press Sondag berig.
Jong man verdrink in Knysna-strandmeer
ʼn 22-jarige man het verdrink nadat sy kano in die Knysna-strandmeer omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Broekie-betoging by ANC-vroueligakonferensie
Lede van die ANC-vroueliga in Limpopo het vroueonderklere oor hul kop getrek en ʼn beampte van die party uit hul verkiesingskonferensie gejaag, het die Sunday World berig.
Stigter van Zuma-trust kry R406 miljoen-vlootkontrakte
ʼn Stigter van die Friends of Jacob Zuma-trust is voorsitter en mede-eienaar van ʼn maatskappy wat vlootkontrakte ter waarde van R406 miljoen ontvang het, berig die Sunday Times.
Video: Skuldige hond slaan weer toe
Denver, ʼn hond wat drie jaar gelede opslae gemaak het op YouTube nadat sy ʼn pakkie katbeskuitjies geëet het, het nou die Kersfeesboom beetgekry. Haar oorspronklike video is reeds byna 40 miljoen keer op YouTube gekyk.
Mej. Wêreld: Suid-Afrika sit in afwagting
ʼn Nuwe Mej. Wêreld word Sondag by die ExCel-konvensiesentrum in Londen, Engeland, gekroon. Ons eie Mej. Suid-Afrika, Rolene Strauss, is een van die gunstelinge om met die kroon weg te stap.
Gauteng-LUR wil taxiroetes sluit
Ismail Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, wil van die provinsie se taxiroetes sluit weens taxigeweld, het die Saturday Star berig.
Man op Margate-strand aangeval
ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Saterdag op Manaba-strand in Margate, KwaZulu-Natal aangeval is.
Nóg ʼn man dood toe trein hom trap
ʼn Man is Saterdagaand dood nadat ʼn trein hom naby Petrusburg in Bloemfontein getref het. Dit is die derde geval in twee dae.
Gedagte vir die dag: Hou vas aan die goeie
Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Rom 12:9)