Tim Cocker wou twee weke voor Kersfees uitvind hoe sy kinders op ʼn aaklige Kersgeskenk sou reageer, en of hulle dit nog steeds sou waardeer.
Lees meerAlles vir Donderdag 18 Desember 2014
Boko Haram: Minstens 100 ontvoer; 35 dood
Minstens 100 vroue en kinders is glo ontvoer en 35 mense is dood toe Boko Haram-militante ʼn afgeleë dorpie in die noordooste van Nigerië ingeval het.
Man vas ná mesaanval op kleuters
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat twee kleuters en hul ma tydens ʼn rooftog in Dobsonville, Soweto, met ʼn mes gesteek is.
Man vas oor reeks rooftogte by Gauteng-winkelsentrums
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met ʼn reeks winkelsentrumrooftogte in Gauteng.
Drie vroue kry oordosis in by winkelsentrum
Drie vroue is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle glo ʼn oordosis van ʼn onbekende middel ingekry het by ʼn winkelsentrum in Bram Fischerweg in Randburg, Gauteng.
Geloftedag: Dat ons aan ons kinders sal sê…
Die laaste deel van die Gelofte word dikwels nagelaat… Ons sê nie meer vir ons kinders nie. Ons kontrakteur die vertel van ons geskiedenis aan skoolkurrikulums, dokumentêre en media-instellings uit, skryf dr. Dirk Hermann.
Juffrou gesleep: ‘Die Here het my ʼn tweede kans gegee’
Suzanne Leyden (36), wat op 20 November etlike meter ver in Sandton, Johannesburg deur ʼn bakkie saamgesleep is, is uit die hospitaal ontslaan en dankbaar sy leef.
Man doodgeskiet toe motor onklaar raak
ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is Donderdag dood aangetref langs sy motor op die M2-snelweg naby Denver in die suide van Johannesburg.
Boer in lokval gelei, doodgeskiet
Freddie Tolman (52) is Woensdag tydens ʼn plaasaanval buite Hartenbos in die Wes-Kaap doodgeskiet.
SA egpaar moor mekaar glo voor kinders in Ierland
Cornelius Billing (44) en sy vrou Angie (27) van Suid-Afrika het mekaar glo Woensdagaand voor hul kinders in Ierland vermoor.
Foto’s: Somerkersfees met al die Kersfeesliggies
Marianne vertel jou waar om die mooiste Kersliggies te gaan kyk vanjaar.
Video: Wat mense in 2014 by Google wou weet
Google het ʼn lys vrygestel van die mees gewilde soektogte vir 2014.
SAID moet Pillay se skorsing ophef
Ivan Pillay, adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se skorsing moet onmiddellik tersyde gestel word, het die arbeidshof in Johannesburg Donderdag beveel.
Palestyne wil oor jaar vrede met Israel hê
Jordanië het Woensdag ’n ontwerpresolusie by die VN-Veiligheidsraad ingedien waarin vrede met Israel binne ’n jaar in die vooruitsig gestel word.
Video: Rolprent oor Kim Jong-un gekanselleer ná dreigemente
Sony Pictures het die vrystelling van ʼn rolprent oor die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, gekanselleer ná dreigemente van kuberkrakers en verskeie teatergroepe se weiering om dit te vertoon.
Resep: Herderspastei
Daar is darem min geregte wat so lekker is soos ‘n herderspastei. Bedien dit met slaai.
Polisieman vas oor gesteelde kar
ʼn Polisiebeampte en 24 ander mense is in die Oos-Kaap vir verskeie misdade in hegtenis geneem.
Tiener vermoor glo ouma met swaard
ʼn 16-jarige seun het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof in Gauteng verskyn nadat hy glo sy ouma met ʼn swaard vermoor het.
Uitdrukking: Iets op sy elf-en-dertigste doen
Wanneer iemand iets baie stadig, maar baie deeglik en netjies doen, sê ons in Afrikaans hy doen dit “op sy elf-en-dertigste”. Lees vandag se Taaltoffie om meer oor dié uitdrukking te leer.
Nuuskommentaar: Julias M. Caesar en grondgryp
Herman Toerien meen Julius Malema se magsbasis kan die land enorme skade berokken.