Die Suid-Afrikaanse egpaar, wat mekaar glo tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld met messe doodgesteek het, se dogtertjies sal na Suid-Afrika teruggebring word.
Alles vir Dinsdag 23 Desember 2014
Boek: Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling
Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied lesers die geleentheid om te sien hoe die teks van die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV), ’n direkte vertaling, verskil van die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is.
Uitdrukking: Donkiejare laas
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar ons aan die uitdrukking “donkiejare laas” kom.
Nuuskommentaar: SAUK gee Zuma hospitaal-“pass” en Maroela vier 50 000 keer fees
Die SAUK, in ’n poging om Zuma ter wille te wees met ’n knieval, die president met ’n yslike hospitaal-aangee uitverkoop. Intussen het Maroela Media die 50 000-kerf op Facebook verbygesteek.
Vermiste Kaapstad-speurder: “Ons lewens het in ʼn oogwink verander”
Gerhardus (Gert) Marais (44), ’n forensiese speurder van Kaapstad, word sedert 14 Desember vermis.
Drie sterf in gru-ongeluk op N1
Drie mense is Dinsdagoggend dood en sewe beseer in ʼn ongeluk op die N1 naby die Grasmere-tolplaza in Johannesburg.
Joe Cocker verloor kankerstryd
Die blues- en rocksanger Joe Cocker is in die ouderdom van 70 jaar oorlede.
Minstens 26 sterf op paaie van Sondag af
Minstens 26 mense is dood in ongelukke wat sedert Sondag aangemeld is.
Seun vas ná moord op ma
ʼn Man is naby Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma vermoor het.
Vermiste ma se liggaam gevind
Die vrou wat vermis geraak het nadat sy haar seun en ander kinders uit die Bergrivier in die Paarl help red het, se liggaam is gevind.
Gedagte vir die dag: Verbly julle in die hoop
Verbly julle in die hoop. Rom 12:12