ʼn 25-jarige man van Johannesburg het Donderdag in Merebank in Durban in die see verdwyn.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Desember 2014
Man val 7 meter ver
ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat hy Donderdagmiddag ongeveer 7 meter ver in ʼn sloot in Tierpoort in Pretoria, Gauteng geval het.
Dieselpyp gebars: Greenpeace monitor skoonmaakoperasie
Greenpeace, een van die grootste omgewingsorganisasies in die wêreld, monitor die skoonmaakoperasie van gebiede wat geraak word nadat diesel in Durban uitgelek het.
Kersfeesbabas gebore
Meer as 100 babas is teen die middag op Kersdag in Gauteng gebore, het die provinsiale departement van gesondheid Donderdag gesê.
Vrou vas na sy op getroude kêrel skiet
Die paartjie het glo gestry omdat die man Kersfees by sy vrou wou spandeer.
Video: Die hawelose held
ʼn Man van Kalifornië wat wou sien wat ʼn hawelose persoon met $100 sou doen, het gesê niemand is meer verras as hy oor dit wat gebeur het nie. Die video is binne drie dae reeds byna 17 miljoen keer op YouTube gekyk.
Bloem-baba in ambulans gebore
ʼn Babadogtertjie is Woensdag in Wilgehof in Bloemfontein in ʼn ambulans gebore.
Foto’s: Gesin op Kersdag uitgewis
ʼn Gesin van vyf lede is Donderdag op die N1 naby Stableweg-afrit in Kaapstad oorlede in ʼn motorongeluk.
Borgtog vir ‘dwelmhandelaar’
ʼn 32-jarige vrou se aansoek om borgtog is Woensdag in die Kaapstad-distrikshof goedgekeur nadat sy ʼn pakkie met dwelmmiddels by ʼn koeriermaatskappy wou afhaal.
Huweliksklokkies lui vir Julius Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) trou komende naweek in Seshego, Limpopo.
SA’ners in die buiteland: Só vier ons Kersfees in Kanada (deel 3)
Cathy Kotzé en haar man bly al 13 jaar in Kanada. Sy skryf oor hul “anderste Kersfees”.
Nuuskommentaar: Elke dag in die gees van Kersfees
Ja, Sondagoggende deur die jaar is dit ʼn aardigheid om te sien hoe motoriste op pad kerk toe voet in die hoek sit en al wat verkeersreël is ignoreer. Hoekom sal dit oor Kerstyd anders wees? vra Herman Toerien.
Presidensie ontken nóg ‘n vrou vir Zuma
ʼn isiZulu-idioom wat pres. Jacob Zuma tydens ʼn geleentheid vir senior burgers gehou het, is verkeerd geïnterpreteer, het die presidensie Woensdag gesê.
Sewe vas oor poging tot moord
Ses mans en ʼn vrou is Woensdag in Crossroads naby Kaapstad in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ʼn onwettige vuurwapen.
10-jarige verdrink in Ficksburg
ʼn 10-jarige seun het Woensdag in ʼn munisipale swembad in Ficksburg verdrink.
Gedagte vir die dag: Die openbaring van God se liefde
God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. (1 Joh 4:8-9)