ʼn Video van ʼn hondjie wat baie opgewonde is om sy eienaar te sien, is baie gewild op YouTube – en hy gaan verseker jou ook laat glimlag!
Lees meerAlles vir Maandag 29 Desember 2014
ANC se Yolanda Botha sterf
Yolanda Botha, die Noord-Kaapse ANC-lid wat beskuldig is van bedrog en korrupsie, is oorlede.
Staatsamptenaar geskors oor Nkandla
ʼn Senior werknemer by die departement van openbare werke is die eerste beampte wat geskors is in verband met opgraderings van R246 miljoen aan pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, het die City Press berig.
Kragprobleme in Jeffreysbaai
Die Kouga-munisipaliteit moes spook om weer die ligte in die Jeffreysbaai-omgewing aan te sit nadat ʼn dwarsbalk by ʼn spantoring van die drade afgesny het.
Vrou glo by grenspos betrap met springstof
ʼn Vrou is Maandag by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem nadat sy glo met springstof betrap is.
Vlug QZ8501: Nog geen teken van vermiste AirAsia-vliegtuig
Na ʼn soek- en reddingspoging van bykans 40 ure, is daar nog steeds geen teken van die AirAsia-vliegtuig wat Sondag tussen Surabaya en Singapoer verdwyn het nie.
Veghonde verskeur man in Germiston
ʼn Veiligheidswag van Laerskool Oosterkruin in Germiston aan die Oos-Rand is deur drie veghonde verskeur, het Beeld Maandag berig.
Jaaroorsig Deel 2: 2014 – die jaar van Jacob Zuma en Steve Hofmeyr
Herman Toerien neem die nuusgebeure van die afgelope jaar onder die loep. Hier volg die eerste deel van sy beskouing oor plaaslike nuusgebeure.
Boek: Begin – nou is die tyd
Kan ’n mens van bladsy tot bladsy skaterlag en terselfdertyd geïnspireer word om jou grootste drome uit te leef en middelmatigheid te ontsnap? Beslis! New York Times- en Wall Street Journal-topverkoper-outeur Jon Acuff doen presies dit in Begin – nou is die tyd.
Kerskaartjie op ‘n skip – in Afrikaans!
Jurie Kotze, ʼn Maroela Media-leser wat op ʼn Amerikaanse navorsingskip werk, het ʼn Kerskaartjie ontvang – met Afrikaans daarop gedruk.
Talle Russiese soldate het glo in Oekraïne gesterf
Minstens 40, maar dalk “honderde” Russiese soldate het in Oekraïne gesterf, aldus menseregtegroepe in Rusland.
Soektog na vermiste AirAsia-vliegtuig hervat
Die soektog na AirAsia Indonesia se Vlug QZ8501 wat Sondag tussen Surabaya en Singapoer verdwyn het, het Maandagoggend om 06:00 (GMT+7) hervat.
Seekoei wat van trok afspring dood na nóg ‘n ongeluk
ʼn Beseerde seekoei wat verlede week in Taiwan uit ʼn bewegende vragmotor gespring het, is Maandag dood aangetref.
Man vas oor JHB-skietery
ʼn Man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy op metropolisiebeamptes in Johannesburg geskiet het.
Gedagte vir die dag: Leef tot eer van God
Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. (Kol 1:9-10)