Dick Coetzer van Pretoria is met drie van sy vyf poolhonde herenig nadat hulle deur vroue wat hulself as DBV-inspekteurs voorgedoen het, gesteel is.
Alles vir die maand Desember 2014
Polisieman gee hom oor ná moord
ʼn Konstabel het homself aan die polisie oorgegee nadat hy glo Sondagoggend ʼn vrou buite ʼn kroeg naby Witbank in Mpumalanga doodgeskiet het.
Nuwe Maties-rektor “wil terugploeg”
Prof. Wim de Villiers, die nuwe rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, het gesê dit is nou sy verantwoordelikheid om terug te ploeg in sy alma mater.
Oudburgemeester-video: ‘Dis kwaadwillig en verdraaiing’ sê polisie
Die polisie in Noordwes het Maandag gesê die beeldmateriaal wat wys hoe polisiebeamptes Eugene Nel, ʼn oudburgemeester van Lichtenburg, hardhandig behandel voor hulle hom in ʼn vangwa inboender, is ʼn verdraaiing van wat werklik gebeur het.
Herschelle Gibbs in hegtenis geneem
Die voormalige Protea-kolwer Herschelle Gibbs is glo in hegtenis geneem.
DA: 1 uit 10 vir Zuma
President Jacob Zuma het versuim om Suid-Afrika te lei, het die DA Maandag tydens die bekendstelling van sy jaarlikse rapport oor Zuma en sy kabinet gesê.
Plaasmoord skok Rawsonville-gemeenskap
Die klein gemeenskap van Rawsonville in die Wes-Kaap is in skok oor die dood van ʼn bekende boer in die omgewing se geliefde vrou tydens ʼn vermeende plaasaanval.
Boek: My beste, beste maatjie (video)
My-my is Emma se spieëlbeeld en hulle is beste, beste maatjies. In dié maklike leesboek is daar vyf stories met Emma en My-my as hoofkarakters. Kyk gerus na die oulike video onderaan die berig.
Juffrou gesleep: Suzanne uit koma
Suzanne Leyden se dokters het haar Saterdag uit haar geïnduseerde koma begin wakker maak, en sy het Maandag selfs ʼn entjie geloop.
Belhar-belydenis deur tweespalt, verwarring en dubbelslagtigheid omhul
Hierdie artikel deur genl. Johan van der Merwe is deel van Maroela Media se reeks uiteenlopende artikels oor die Belhar-debat.
J. Arthur Brown se boete nou tronkstraf
Die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown is Maandag tronkstraf opgelê nadat die appèlhof sy vorige vonnis tersyde gestel het.
Liggaam in meer by Centurion-winkelsentrum
Die liggaam van ʼn onbekende man is Maandagoggend in die meer by Centurion Mall in Gauteng opgespoor.
Afrikaanse universiteit: Skerp kritiek oor Nzimande-‘dreigement’
Akademici het skerp reageer op minister Blade Nzimande se dreigement die naweek om Akademia se registrasie te onttrek as dit eksklusief Afrikaans bly.
Vermeende kapers by PTA-winkelsentrum aangekeer
Vinnige optrede deur die polisie het daartoe gelei dat twee vermeende kapers vinnig in hegtenis geneem is kort nadat hulle Maandag ʼn voertuig by ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria gekaap het.
Nuwe US-rektor aangewys
Die Universiteit Stellenbosch (US) het Maandag sy nuwe rektor aangekondig.
Kaapstad se beurtkrag “rassisties”
Kaapstad se beurtkragskedule het “sterk rassistiese ondertone”, het Cosatu Maandag gesê.
Wêreldvigsdag: ‘n Paar Suid-Afrikaanse syfers
Dit is vandag Wêreldvigsdag, maar hoe lyk die prentjie nou in Suid-Afrika?
Afghanistan-aanval: ‘Hy het sy kinders probeer beskerm’
Werner Groenewald (46) het vergeefs probeer om sy twee kinders te beskerm oomblikke voor hulle die naweek in Kaboel in Afghanistan doodgeskiet is, het die familie gesê.
Pa skiet dogter se kaper
ʼn Pa van Ridgeway in Johannesburg het Sondagaand een van sy dogter se vermeende kapers geskiet.
Geen beurtkrag vandeesweek nie, sê Eskom
Eskom het Maandag gesê daar word nie beurtkrag vir die week beplan nie.