Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn beroep gedoen op mense om die naweek ekstra versigtig te wees op die land se strande weens sterk sleurstrome in die see.
Lees meerAlles vir Vrydag 2 Januarie 2015
Liggaam gevind by Vishoekstrand
ʼn Man se liggaam is Vrydag by Vishoekstrand in Kaapstad gevind. Die man se lyk was glo aan die haainette vasgebind.
Kinders met ouers herenig na Nuwejaarsdag
Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag gesê dat 33 kinders wat op Nuwejaarsdag op die provinsie se strande verlore geraak het, weer met hul ouers herenig is.
Goeie nuus: Brandstofpryse daal skerp
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse volgende week met meer as R1 per liter gaan daal.
Video: Nederlanders bou grootste vreugdevuur ter wêreld
Tientalle Nederlanders het dae lank gebou aan ʼn “brandstapel” van 15m hoog, wat op Oujaarsaand aangesteek is en ʼn nuwe wêreldrekord vir die grootste vreugdevuur verseker het.
Egpaar val mekaar op strand aan
ʼn Egpaar het mekaar op Nuwejaarsdag op ʼn strand in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap aangeval.
Marstuigie kry “Alzheimer”
Nasa se Opportunity-marskarretjie wat al meer as tien jaar lank op die rooi planeet rondrits, het geheueprobleme, en tegnici werk hard daaraan om die tuig se kopwerkinge weer flink te kry.
Man en vrou se liggame in motor gevind
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggame van ʼn man en vrou in ʼn motor in Kaalfontein naby Midrand gevind is, het The New Age Vrydag berig.
Video: Siek meisie kry ongewone kaartjies by spietkop
ʼn Pa van Wisconsin in die VSA het besluit om sy siek dogter op ʼn ongewone manier te verras nadat sy ʼn groot gedeelte van 2014 in die hospitaal deurgebring het.
Man val voor verloofde na sy dood
Jody Jooste (25) het Oujaarsdagoggend ten aanskoue van sy verloofde op Leeukop in Kaapstad na sy dood geval.
Man uit motor geslinger, sterf
‘n 41-jarige man is dood nadat sy motor omgeslaan en verskeie kere gerol het op die Bultfonteinpad in Welkom in die Vrystaat.
Seun (10) verdrink by Klerksdorp-lodge
ʼn 10-jarige seun het Donderdag in ʼn swembad by ʼn lodge in Klerksdorp, Noordwes verdrink.
Vrou word sedert Oujaarsdag vermis
Belinda Bredenhand (49) van Langebaan in die Wes-Kaap word steeds vermis nadat sy Woensdagaand verdwyn het.
Fietsryer deur motor doodgery
ʼn Man is dood nadat hy Donderdag deur ʼn motor getref is terwyl hy fiets gery het in Fourways, Johannesburg.
Nuuskommentaar: Breek die Derde Wêreldoorlog in 2015 uit?
Is 2015 die jaar waarin die Derde Wêreldoorlog uiteindelik gaan uitbreek? Die antwoord, in hierdie stadium, hang daarvan af of iemand ’n optimis of ’n pessimis is.
Baba glo uit Kaapse hospitaal ontvoer
’n 12 dae oue baba is glo Donderdag in die vroeë oggendure uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer.
Gedagte vir die dag: ’n Nuwe toekoms
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting. Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. (Jer 29:11-12)