Die talent is daar vir `n suksesvolle Superrugbyreeks deur Suid-Afrikaanse spanne, maar soos die afgelope jare bly die vraag of die spelersvaardigheid en spelpatroon van die spanne goed genoeg gaan wees om `n vierde Supertitel by die Bulls se drie suksesse te voeg.
Lees meerAlles vir Saterdag 3 Januarie 2015
Vlug QZ8501: ‘Vier groot voorwerpe gevind’
Indonesiese soek- en reddingspanne wat die Java-see fynkam vir die wrak van AirAsia se Vlug QZ8501 het vier groot objekte gevind, berig BBC.
Zille se kabinetskommeling ‘nie oor Afrikaners’
Die onlangse skommeling van die Wes-Kaapse regering, wat onder leiding van die DA is, het niks te doen met die kwota van Afrikaner-verteenwoordigers nie, het voormalige LUR vir gesondheid Theuns Botha gesê.
Baba gevind na hy uit hospitaal verdwyn
Die babaseuntjie wat op Nuwejaarsdag glo uit die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is, is gevind.
SA vrou dood gevind in Mauritius, dalk vermoor
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Saterdag gesê hy lewer bystand in Mauritius nadat ʼn Suid-Afrikaanse vrou se liggaam in ʼn swembad by ʼn vakansieoord op die eiland gevind is.
Solidariteit Beweging in snelrat vir nuwe jaar
Die Solidariteit Beweging het gesê sy strategie, om praktiese oplossings deur ʼn moderne “Helpmekaarbeweging” te skep, gaan in 2015 in snelrat gesit word.
Hond doodgeslaan na hy glo bok byt
’n Gesin van Witrivier in Mpumalanga se tweejarige poolhond is doodgeslaan nadat hy glo die bure se boerbok gebyt het.
Man spring na dood vir R100
ʼn 25-jarige man het verdrink nadat hy en sy vriend glo ʼn R100-“beloning” aangebied is om van die Shark Rock-pier in Port Elizabeth af te spring, het Beeld Saterdag berig.
Video: Metrobeamptes van pligte onthef oor omkopery
Die Johannesburgse metropolisie het Saterdag bevestig dat twee van sy beamptes van hul pligte onthef is nadat hulle op kringtelevisie betrap is waar hulle glo omkoopgeld van ʼn motoris aanvaar het.
Vermiste Langebaan-vrou se lyk gevind
Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat Belinda Bredenhand (49) van Langebaan se liggaam gevind is nadat sy op Oujaarsdag vermis geraak het.
2014 beleef min sterk aardbewings
Hoewel Suid-Afrika in 2014 sy tweede sterkste aardbewing in die moderne geskiedenis beleef het, het die wêreld ’n baie stil jaar beleef wat baie sterk aardbewings betref.
4 sterf in vliegongeluk, 7-jarige oorleef
ʼn Sewejarige meisie het Vrydagaand ʼn vliegtuigongeluk in Kentucky, Amerika oorleef waarna sy na ʼn nabygeleë huis gestap het om hulp te ontbied.
Man se lyk in spruit gevind
Die liggaam van ʼn man is in ʼn spruit by Roodekrans in Roodepoort, wes van Johannesburg, gevind.
Gedagte vir die dag: Deur God gedra
Luister, julle vir wie ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. (Jes 46:3-4)