ʼn Polisiekonstabel word ondersoek nadat hy glo op kringtelevisiekamera betrap is waar hy geld steel op ʼn misdaadtoneel in Pretoria.
Lees meerAlles vir Sondag 4 Januarie 2015
Vyf vas ná man sterf in kaping
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping waartydens ʼn man doodgeskiet en sy vriendin gewond is in Bloemfontein in die Vrystaat.
Matriekeksamen: Nog bewerings van grootskaalse kullery
Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding, sal binnekort ʼn verslag bekend maak oor beweerde grootskaalse kullery by 69 eksamensentrums regoor die land.
Polisieman doodgeskiet ná tref-en-trap
ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is doodgeskiet terwyl hy verdagtes wat glo in ʼn tref-en-trap-voorval betrokke was agternagesit het.
Man vas na hy glo meisies verkrag
ʼn 18-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo twee jong meisies verkrag het in Butterworth in die Oos-Kaap.
Vyf vas vir Parys-pypmoord
ʼn Pa, sy twee seuns en hul twee vriende is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn sakeman van Parys in die Vrystaat. Craig Marx (47) is glo lewend in ʼn stormwaterpyp begrawe, het Rapport Sondag berig.
Meisie verloor been in gru-ongeluk
ʼn Sesjarige meisie is in ʼn kritieke toestand nadat haar been tydens ʼn gru-ongeluk op die N1 buite Bloemfontein in die Vrystaat geamputeer is.
Dept. ontken tekorte en diefstal by Limpopo-hospitale
Die departement van gesondheid in Limpopo betwis ʼn verslag wat bevind het daar ʼn tekort aan toerusting is en diefstal voorkom by die provinsie se hospitale en klinieke, het City Press Sondag berig.
‘Wonderwerk’ na Gretha Wiid se dogtertjie ver val
Die bekende spreker Gretha Wiid se agtjarige dogtertjie het Saterdagaand ʼn noue ontkoming gehad nadat sy van ʼn drie meter hoë muur af geval het by vakansiewoonstelle in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
‘Nkandla-11’ gaan nie skuldig pleit
Die 11 werknemers van die departement van openbare werke wat dissiplinêr verhoor word oor die R246 miljoen se opgraderings aan president Jacob Zuma se private Nkandla-woning, sal nie skuldig pleit nie, het die Sunday Independent berig.
Goeie nuus vir paartjie ná vroeggebore baba, reuse hospitaalrekening
ʼn Britse paartjie wie se seuntjie amper drie maande te vroeg gebore is en dit boonop terwyl hulle met vakansie was in ʼn ander land, het goeie nuus gekry.
Twee sterf in botsing
Twee mense is dood en nog twee is kritiek beseer nadat twee motors naby Midrand gebots het.
Meisie (15) vermoor
ʼn 15-jarige meisie se halfnaakte liggaam is Saterdag in Daveyton naby Benoni aan die Oos-Rand gevind.
Gedagte vir die dag: Met Jesus in jou boot
Toe staan Hy op en bestraf die wind en die golwe. Hulle het bedaar en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waar is julle geloof dan?” (Luk 8:24-25)