ʼn Hond wat met ʼn tas by ʼn treinstasie in Ayr, Skotland gelos is, maak wêreldwyd nuus.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 Januarie 2015
Steve onbewus van ‘kuberkrakers’
Die sanger Steve Hofmeyr het Dinsdag gesê hy is nie bewus daarvan dat sy webtuiste glo deur kuberkrakers aangeval is nie.
Zuma: ‘Ons moet Wes-Kaap terugvat’
President Jacob Zuma het Dinsdag aan inwoners van Nyanga in Kaapstad gesê die ANC moet die Wes-Kaap terugkry.
Broers soek ná vrou doodskok
Die polisie in KwaZulu-Natal soek na twee broers nadat ʼn onwettige elektrisiteitsverbinding gelei het tot die dood van ʼn vrou in Stanger.
Man vas oor lyk in groentetuin
ʼn 35-jarige man van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat sy vriendin se liggaam in ʼn groentetuin opgegrawe is.
7-jarige sterf ná motor omslaan
ʼn Sewejarige kind is Dinsdag dood nadat ʼn motor op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat omgeslaan het.
Maak ‘n wens – Bobby van Jaarsveld
Dis moeilik om te glo dat daar nou al byna tien jaar verloop het sedert ‘n 17-jarige hoërskoolseun van Brits op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het.
Bejaarde in huis oorval
ʼn Bejaarde man is geskiet en gewond tydens ʼn rooftog in Knoppieslaagte naby Centurion, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.
Maroela Media Top 20: 5 Januarie 2015
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die eerste week van 2015. Daar is nege snitte wat styg, vyf wat daal, drie in dieselfde plek as verlede week en drie nuwelinge.
Meisie (13) gevind ná ma se eks glo met haar verdwyn
ʼn 13-jarige meisie van Rustenburg in Noordwes is gevind nadat sy saam met ʼn man, glo haar ma se eks kêrel, verdwyn het.
Vlugte by King Shaka-lughawe vertraag
Vlugte by die King Shaka-lughawe in Durban, KwaZulu-Natal is Dinsdag vertraag weens ʼn probleem met die lughawe se brandstofstelsel.
SA broers se bakkies bots, vriend sterf in die VSA
Twee Suid-Afrikaanse broers is ernstig beseer en hul vriend, ook ʼn Suid-Afrikaner, is dood na hul bakkies reg van voor gebots het in Suid-Dakota in die VSA.
Nieu-Seeland weer geskud
‘n Aardbewing van 5,6 op die momentmagnitudeskaal het sowat 44 kilometer suidoos van Hokitika op Nieu-Seeland se Suid-Eiland voorgekom.
Man skiet vrou, self by polisiestasie
ʼn Man het Dinsdagoggend sy vrou in die Parkview-polisiestasie in Johannesburg doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Man slaan Gautrein-vensters stukkend
Ismail Vadi, Gautengse LUR vir vervoer, het die voorval waar ʼn passasier die vensters van ʼn Gautrein-treinwa stukkend geslaan het, ten sterkste veroordeel.
Ses sterf in gru-ongeluk naby Delmas
Ses mense, waaronder ‘n gesin van drie, is Dinsdag dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en twee motors op die N17 naby Delmas in Mpumalanga.
Nuuskommentaar: Matriek – nou kom die toets
Agter die daling in die matriekslaagsyfer lê die moontlikheid dat die slaagsyfer vir die eerste keer in jare ’n aanduiding gee dat die uitslae in pas met vereiste standaarde is. Minstens een koerant het dit reeds vooraf met straatbaniere as goeie nuus vir die land aangekondig.
Estcourt-plaasmoord: Boer se naam bekend
Willies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die moord op ʼn 69-jarige boer van Estcourt as skokkend beskryf.
Twee ‘stropers’ doodgeskiet
Twee vermeende renosterstropers is in die Krugerwildtuin doodgeskiet.
Man skok dood terwyl hy gras sny
ʼn Man in sy 40’s het Maandag doodgeskok terwyl hy gras gesny het by sy huis in Vanderbijlpark.