ʼn 39-jarige vlieërplankinstrukteur van Nederland het glo Dinsdagmiddag in die see by Langebaan in die Wes-Kaap verdrink.
Alles vir Woensdag 7 Januarie 2015
Lyk aan Vishoek-haainet steeds ’n raaisel
Die polisie in die Wes-Kaap het gesê die identiteit van die man wie se lyk Vrydag in Vishoek gevind is, is nog nie vasgestel nie.
Propvol kinderteaterprogram by Ou Meul in Paarl
Is jy in die Paarl en wonder jy hoe om die jongspan besig te hou tot die skole weer oopmaak? Dan is die Ou Meulteater se kindertoneelstukke dalk net die antwoord vir jou.
Bejaarde van Harties met graaf doodgeslaan
Ongeveer twee jaar nadat André du Preez (75) en sy vrou Elsabé (70) hul plaas in die Brits-omgewing in Noordwes verkoop het om na Hartbeespoort te verhuis uit vrees vir hul veiligheid, is André Sondagaand in sy huis in Ifafi tydens ʼn huisroof met ʼn graaf doodgeslaan.
Nuuskommentaar: Kan radikale Islamitiese terreur nog verslaan en uit SA geweer word?
Herman Toerien bespreek die invloed van Boko Haram en radikale Islamitiese terreur in Suid-Afrika.
Toeriste in Kaapstad beroof
ʼn Groep toeriste van Swede is in Khayelitsha in Kaapstad beroof, het die Wes-Kaapse polisie Woensdag gesê.
SAUK se Hlaudi gee raad vir matrieks
Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, wat volgens die Openbare Beskermer oneerlik was oor sy kwalifikasies, het gesê ʼn persoon kan baie kwalifikasies hê, maar sonder ʼn brein help dit nie, het The Citizen berig.
Vier vas oor ma, baba se ontvoering
Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrou en haar babadogtertjie in Diepsloot, noord van Johannesburg, ontvoer het.
Ma, ouma weer in hof ná kind se dood
Die driejarige Jamie Naidoo se ma en ouma sal na verwagting Woensdag in die Chatsworth-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn in verband met haar dood.
Drie in hof ná man sterf in kaping
Drie mans het in die Bloemfontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met ʼn kaping waartydens ʼn man doodgeskiet is en sy vriendin gewond is.
Metrobeamptes vas oor omkoopgeld
Twee Tshwane-metropolisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van Yusuf Abramjee, hoof van die teenmisdaadveldtog Crime Line, geëis het.
Gedagte vir die dag: Jou tyd is kosbaar
Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. Die nag is byna verby; dit is amper dag. (Rom 13:11-12)