Beeldmateriaal van ʼn vrou wat vier keer sukkel om haar motor reg te parkeer by ʼn vulstasie, is die afgelope twee weke reeds meer as 12 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees meerAlles vir Saterdag 10 Januarie 2015
Vrou oorleef lugduik-ongeluk
ʼn 33-jarige vrou is in ʼn ernstige toestand nadat sy ʼn rowwe landing gehad het by ʼn lugduik (skydiving)-klub in Carletonville, wes van Johannesburg.
Video: Mense voel onveilig in Noordwes
Inwoners van die Hartbeespoort-omgewing in Noordwes leef in vrees. Vier mense is die afgelope twee weke daar vermoor.
Beëindiging van Telkom-kontrakte dui op impak van wetswysiging
Telkom se besluit om nie die indiensnemingskontrakte van 480 tydelike werknemers in sy inbelsentrum te hernu nie, vestig opnuut die aandag op die potensiële negatiewe uitwerking wat die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge op indiensneming kan hê, het die vakbond Solidariteit gesê.
Plaasmoord: Niemand nog vas ná Lindley-aanval
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar op hul plaas in Lindley naby Muldersdrift in Gauteng aangeval is nie.
Video: SpaceX-vuurpyl suksesvol gelanseer
SpaceX het op 10 Januarie suksesvol die Falcon 9-vuurpyl met die Dragon-vragkapsule lanseer.
Raaisel opgelos ná hond sak en pak op stasie gelos is
ʼn Vrou het na vore gekom om te sê sy is die eienaar van die hond wat met ʼn tas by ʼn treinstasie in Ayr, Skotland gelos is.
Gauteng LUR gaan optree ná swak matriekuitslae
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gaan stappe doen teen beamptes in sy departement na die provinsie se matrieksyfer met 3% gedaal het, het die Saturday Star berig.
Vermiste vyfjarige se liggaam gevind
ʼn Man en ʼn tiener het in die hof verskyn in verband met die ontvoering en moord van ʼn vyfjarige seun wat in Sandfontein in Noordwes verdwyn het.
Duisende stroom na Kaapstad vir ANC-herdenking
Duisende ANC-ondersteuners het Saterdag na die Kaapstad-stadion gestroom om die ANC se 103de herdenking te vier.
Spesiale sinode moet besluit oor vroue-dominees
ʼn Spesiale sinode van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika sal besluit of vroue in die amp van predikant aangestel kan word, het Beeld berig.
Video: Trok met vuurwerke ontplof in botsing met 90 karre
Een persoon is Vrydag in Michigan in Amerika dood na ʼn kettingbotsing van minstens 90 voertuie, waaronder ʼn vragmotor wat vuurwerke vervoer het. ‘n Video van die vuurwerkontploffing volg onderaan die berig.
Geen rasgebaseerde aanstellings in SAPD, sê Phiyega
Riah Phiyega, die nasionale polisikommissaris, het Vrydag gesê daar is geen program in die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat gebaseer is daarop om mense van sekere rasse of minderheidsgroepe aan te stel nie.
Man onder motor vasgekeer toe vrou versneller trap
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat sy been onder sy motor vasgekeer is by ʼn vulstasie in Vanderbijlpark in Gauteng.
Gedagte vir die dag: Los die bagasie van die verlede
Een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. (Fil 3:13-14)