Sue Ann Arnall het glo ʼn tjek van byna $1 miljard (sowat R11.6 miljard) van die hand gewys tydens haar egskeidingsaak van die oliemiljardêr Harold Hamm.
Lees meerAlles vir Sondag 11 Januarie 2015
Minister wil klein skole sluit
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê wysigings aan die SA Skolewet gaan daartoe lei dat hoërskole met minder as 135 leerlinge gesluit gaan word, het die Sunday Times berig.
Twee polisielede vas oor omkopery
Twee polisiebeamptes van Polokwane is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van Zimbabwiërs op ʼn bus in die dorp geëis het.
Buurtwag-lid gewond in skietery
ʼn Lid van die buurtwag in Douglasdale, Johannesburg, is Sondag geskiet toe hy sy pligte uitgevoer het.
Video: Vierpotiges steel tennisharte
ʼn Ongewone span is onlangs tydens ʼn vriendskaplike toernooi tussen die tennissterre Venus Williams en Svetlana Kuznetsova in Auckland, Nieu-Seeland gebruik om die balle op te tel.
Drie vas oor Muldersdrift-plaasmoord
Drie mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval van ʼn bejaarde egpaar in Lindley, Muldersdrift in Gauteng.
SA man in Mauritius-hof ná moord
Peter Roberts, ʼn sakeman van Suid-Afrika, is voorlopig in ʼn hof in Mauritius aangekla van moord nadat sy meisie se liggaam drywend in ʼn vakansieoord se swembad aangetref is, het die Sunday Times gesê.
Man vas oor Lephalale-plaasmoord
ʼn 22-jarige man sal Maandag in die hof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo.
Driejarige se arm sit vas in voerband
ʼn Driejarige is in ʼn ernstige toestand nadat haar arm Saterdag by ʼn maatskappy in Montague Gardens in Kaapstad in ʼn voerband vasgesit het.
SA vrou gaan in Kanada vervolg word
ʼn Vrou van Sandhurst in Johannesburg wat glo ʼn vlugkelner met ʼn bottel water gegooi het, gaan krimineel aangekla word in Kanada, het die Sunday Times berig.
Held gryp in tydens verdrinking
Darren Francis, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het Saterdag dadelik ingegryp toe drie mans by Buffelsbaaistrand by Kaappunt in die Wes-Kaap, in die moeilikheid beland het. Twee mans is gered, maar ʼn vakansieganger van Johannesburg het ongelukkig tydens die voorval verdrink.
Foto’s: Hier is ANC se prioriteite vir 2015
Pres. Jacob Zuma het Saterdag elektrisiteit, grond, plaaslike regering en die stryd teen korrupsie as hoogste prioriteite vir 2015 aangewys tydens die ANC se 103de herdenkingvieringe in Kaapstad.
Tiener vas oor bylmoord
ʼn 15-jarige seun is in Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn ander tiener tydens ʼn stryery met ʼn byl vermoor het.
Twee vas oor vervalsde geld
ʼn Man en ʼn vrou is in hegtenis geneem nadat hulle glo met vervalsde geld met ʼn geraamde straatwaarde van R14 900 in Lanseria, Johannesburg, betrap is.
Gedagte vir die dag: Hou vas aan God se beloftes
Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het. (Rom 4:18, 21)