Mens vergeet dikwels dat wêreldleiers soos president Barack Obama en koningin Elizabeth ook net gewone mense is. Dit is wat ʼn Italiaanse kunstenaar probeer wys het met ʼn reeks prente van hoe wêreldleiers moontlik lyk wanneer hulle die badkamer besoek.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 Januarie 2015
Renoster wat stropery oorleef kry kalf
‘n Renosterkoei wat se horing deur stropers afgekap is, het geboorte gegee aan ʼn gesonde kalf.
Eskom: ‘Geen beurtkrag verwag nie’
Eskom het gesê hy verwag nie dat daar Woensdagaand die noodsaaklikheid sal wees om beurtkrag toe te pas nie, maar dat die kragnetwerk steeds onder druk is.
ANC: ‘Kaapstad het darkies probeer weghou’
Die ANC is van plan om of die Menseregtekommissie of die parlement te nader oor die manier waarop die stad Kaapstad glo die party behandel het in die aanloop tot sy 103de verjaarsdagvieringe.
Verslag oor e-tol môre bekend
David Makhura, premier van Gauteng, en sy uitvoerende raad sal Donderdag die adviespaneel, wat die sosio-ekonomiese impak van die e-tolstelsel op die provinsie se snelweë moes ondersoek, se finale verslag bekend stel.
‘LUR-jaagduiwel’ nie in hof, naam bekend
ʼn Man wat vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem is en beweer het hy is ʼn LUR in die Wes-Kaap, het nie Woensdag in die hof verskyn nie.
Polisie het kamma-kolleges in visier
Die Limpopo-polisie het Woensdag gewaarsku dat kamma-opleidingskolleges of verdere onderwysinstellings nie geduld sal word nie, en dat die polisie streng teen diegene sal optree wat dit bedryf.
Vrystaat-plaasmoorde: Name van verdagtes bekend
Die name van vyf mans is bekend gemaak nadat hulle Woensdag in die hof verskyn het weens twee afsonderlike plaasmoorde vroeër die week in die Vrystaat.
Foto’s: AirAsia-vliegtuig se romp gevind en afgeneem
Die romp en ander groot dele van die AirAsia-vliegtuig wat in die Java-see neergestort het, is gevind en afgeneem waar dit op die seebodem lê.
Spesiale begrafnisse vir ANC-hoës
President Jacob Zuma het Woensdag aangekondig dat twee ANC-hoës wat onlangs gesterf het, amptelike provinsiale begrafnisse gaan ontvang.
Glibberige ryloper verras sanger in kar
Die sanger Andries Hendrik Potgieter het moontlik vir tot drie dae sy motor onwetend met ʼn glibberige ryloper gedeel wat vermoedelik ná ʼn musiekfees in Limpopo saam met hom en sy vrou na Pretoria gereis het.
Kaapse straat dalk na De Klerk vernoem
Tafelbaairylaan kan dalk eersdaags FW de Klerk-rylaan heet indien die Kaapse stadsraad dié voorstel deur die stad se naamkomitee goedkeur.
Amerikaanse fotograaf bekyk die ligter sy van ouerskap
Danielle Guenther, ʼn Amerikaanse fotograaf van New York, het verlede jaar ʼn reeks foto’s geneem wat tong-in-die-kies die onvolmaakte glorie van ouerskap vaslê.
Rasbeleid oor aanstelling van likwidateurs ongrondwetlik
Die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad het gister beslis dat die nuwe beleid rakende die aanstelling van voorlopige likwidateurs op ʼn kwotastelsel neerkom en dat dit gevolglik ongrondwetlik is.
Bybel in gebaretaal op pad
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) werk aan ʼn Bybel in gebaretaal, het Beeld Woensdag berig.
Europa by ‘n kruispad na Eurabië?
Die onlangse skietery in Parys het weer die groeiende vraagstuk van Moslem emigrasie na Europa uitgelig, skryf Flip Buys.
Steve, Janine in vakansiehuis beroof
Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en sy vrou Janine was Woensdag in die vroeë oggendure die slagoffers van ʼn roof by hul vakansiehuis in Pennington, KwaZulu-Natal.
Vrou sterk aan ná Muldersdrift-aanval, drie in hof
Jenny Henderson, die 60-jarige vrou wie se man verlede week tydens ʼn aanval op hul kleinhoewe in Muldersdrift langs haar gesterf het, sterk in die Fourways-hospitaal aan.
Bostonse bomverdagte soek uitstel oor Parys-aanslae
Die regsverteenwoordiger van die oorlewende verdagte van die Bostonse Marathon-bomontploffings het versoek dat die saak uitgestel word weens die invloed wat die aanslae in Parys op die jurielede kan hê.
Gupta-sage: Twee soek antwoorde
Regsverteenwoordigers vir lt.kols. Christine Anderson en Stefan van Zyl gaan die hooggeregshof nader indien die weermag nie ʼn besluit neem oor hul vervolging weens die Gupta-sage nie, het Beeld Woensdag berig.