ʼn YouTube-gebruiker het ʼn grapperige video opgelaai en meen dit is dalk net die oplossing vir Eskom se elektrisiteitskrisis.
Lees meerAlles vir Vrydag 16 Januarie 2015
SAL gekap oor advertensie
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is deur die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) beveel om ʼn advertensie te onttrek wat onrealistiese verwagtinge onder verbruikers skep.
Wynlandgoed-moord: Verdagte in hof
Morné Boshof, wat aangekla word van die moord op Anthea Du Preez (64), het Vrydag in die Rawsonville-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn.
Beloning uitgeloof na Witrivier-moord
ʼn Misdaadbestrydingsorganisasie in Mpumalanga het ʼn beloning van tot R50 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en vervolging van Clive Bowers se moordenaars.
Vermiste Marstuig na meer as tien jaar gevind
’n Britse landingstuig, wat deel was van ʼn projek van die Europese Ruimteagentskap (ESA), is pas op Mars se oppervlak gevind, nagenoeg 12 jaar nadat dit verdwyn het.
Soweto Rugbyunie laat De Klerk kopkrap
Aansprake dat dit noodsaaklik was om die Soweto Rugbyunie (SRU) te stig omdat daar nie vir swart spelers voorsiening gemaak word nie, is deur die Goue Leeus Rugbyunie verwerp.
Veearts-moord: Verdagte verbreek paroolvoorwaardes; nog aanklagte
Die vermeende verkragter en moordenaar van dr. Rensia de Wet staan ook op ander aanklagte tereg en het boonop sy paroolvoorwaardes rakende ʼn vorige vonnisoplegging verbreek.
Aanval is die antwoord
Dis die beste aanvallers en nie die beste verdedigers nie wat Superugby wen, is die slotsom waartoe die gerekende tydskrif Rugby World kom ná `n ontleding van die afgelope 19 reekse.
Riah Phiyega moet in hof sê oor Roos
Die arbeidshof in Johannesburg het vandag beveel dat die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die minister van polisie, Nathi Nhleko, eersdaags sélf in die hof moet getuig in verband met Solidariteit se hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor die aanstelling van kol. Kobus Roos.
Baba L: Ma onskuldig, kêrel skuldig
Die hooggeregshof in Pretoria het die 21-jarige ma wat daarvan verdink is dat sy saam met haar kêrel haar tweejarige dogtertjie mishandel het, onskuldig bevind.
Karlien van Jaarsveld verloor baba
Die sanger Karlien van Jaarsveld, wat 19 weke swanger was met ‘n babadogtertjie, het die baba verloor.
Hier is die 2015 Oscar-benoemings
Die nominasies vir die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is gister bekend gemaak en Birdman en The Grand Budapest Hotel het albei nege nominasies ontvang.
Toeris verdrink in Oos-Kaap
ʼn Nederlandse toeris het verdrink nadat sy in Kaap St. Francis in die Oos-Kaap deur die see meegesleur is.
Man grawe glo ma se lyk op
ʼn Man van Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma se oorskot gedeeltelik opgegrawe en van haar liggaamsdele verwyder het.
Egpaar in Bryanston vermoor
ʼn Egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure in hul huis in Bryanston, Johannesburg vermoor.
Metrobeamptes deur onwettige mynwerkers aangeval
Twee metropolisiebeamptes is laat Donderdagmiddag deur ʼn groep van sowat vyf onwettige mynwerkers by ʼn goudmyn in Benoni aan die Oos-Rand aangeval.
Lasbrief vir Mdluli-prokureur uitgereik
Die Pretoriase landdroshof het ʼn lasbrief uitgereik vir die inhegtenisname van Ike Motloung, regsverteenwoordiger van die geskorste hoof van misdaadintelligensie Richard Mdluli, het Beeld Vrydag berig.
Seun langs voertuig gesleep ná diewe selfoon gryp
ʼn Leerling aan die Hoërskool Roosevelt in Randburg, Johannesburg, is Donderdagmiddag ná skool etlike meter langs ʼn voertuig gesleep toe hy glo probeer het om sy selfoon, wat pas gesteel is, te probeer terugkry.
Leerlinge koop glo onnies om
Die departement van onderwys in Noordwes ondersoek bewerings dat onderwysers by ʼn hoërskool in Maboloko glo omkoopgeld aanvaar het om leerlinge na die volgende graad te bevorder sonder dat hulle eksamens geskryf het.
ANC: De Klerk “nie ‘n Messias nie”
FW de Klerk was “nie ʼn Messias nie”, het die ANC Vrydag gesê in reaksie op die Kaapstadse munisipaliteit se plan om Tafelbaairylaan na De Klerk te vernoem.