Dit is verskriklik erg dat ons ons boere en hul gesinslede so wreed verloor, en alles tot ons beskikking moet gedoen word om dit te stuit, skryf Herman Toerien.
Alles vir Vrydag 16 Januarie 2015
Aansoek vir Marikana-vakansiedag
‘n Amptelike aansoek word gebring om 16 Augustus, die dag in 2012 toe 34 mynwerkers in Marikana dood is, as ‘n openbare vakansiedag te verklaar, het die Sowetan Vrydag berig.
Woord: krenterig, krentig
Ken jy die woord “krenterig” of “krentig” wanneer jy wil verwys na iemand wat gierig is? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting.
Kompetisie: Ses Snare by die Blou Hond te sien
Hierdie kompetisie is gesluit: Die Ses Snare is op 22 Januarie met hulle Beatles-vertoning by die Blou Hondteater in Lynnwood, Pretoria. Ons het ook twee CD’s om weg te gee.
Vier redes waarom ouers tuisonderrig verkies
Die groeiende belangstelling in tuisonderrig in Suid-Afrika laat ’n mens wonder waarom ouers besluit om hul kinders self te onderrig.
SA student se video van stormende seekoei maak wêreldwyd opslae
Craig Jackson, ʼn 22-jarige student van Bronkhorstspruit, het die vakansie ʼn video op sy pa selfoon geneem wat nou internasionaal nuus maak.
Baba L: Ma en kêrel weer in hof
Die 21-jarige ma en haar 37-jarige kêrel wat daarvan verdink word dat hulle glo die ma se tweejarige dogtertjie mishandel het, sal na verwagting Vrydag weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.
Seun (14) verdrink in swembad
ʼn 14-jarige seun het Donderdag in ʼn swembad in St. George’s Park in Port Elizabeth in die Oos-Kaap verdrink.
Gedagte vir die dag: Kennis van die liefde
Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Ef 3:18-19)