Mathew Carpenter het sowat ʼn week gelede ʼn webtuiste begin waar jy ʼn koevert vol blinkertjies bestel en dit vir jou vyande stuur. Dié webtuiste het egter baie vinnig vir Carpenter ʼn groot kopseer geword.
Lees meerAlles vir Saterdag 17 Januarie 2015
Vyfjarige kritiek na hy amper verdrink
ʼn Vyfjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagoggend amper verdrink het in ʼn swembad in Lynnwood, Pretoria.
Man se naakte liggaam in huis gevind
Twee mense is in hegtenis geneem nadat ʼn man se naakte liggaam in sy huis in Kempton Park aan die Oos-Rand gevind is.
Driejarige deur winkelruit gestamp
ʼn Driejarige dogtertjie is in ʼn ernstige toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal nadat ʼn motor haar deur ʼn winkelruit gestamp het, het Beeld Saterdag berig.
Name bekend van vermoorde Bryanston-egpaar
Die polisie in Gauteng het Saterdag gesê hulle is steeds op soek na die moordenaars van ʼn egpaar van Bryanston.
Een dood, 2 beseer na trein teen motor bots
Een persoon is dood en twee mense is beseer nadat ʼn trein teen ʼn motor gebots het by ʼn spooroorgang in Stellenbosch in die Wes-Kaap.
Zuma berispe deur geslagskommissie
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG) het pres. Jacob Zuma gewaarsku om sy woorde tel wanneer hy oor vroue praat, het Beeld Saterdag berig.
Nege beseer in Jhb-ongeluk
Nege mense is Saterdagoggend beseer in ʼn botsing in Linden, Johannesburg.
Twitter gons na Zelda vir Zuma kap
Zelda la Grange, oudpres. Nelson Mandela se voormalige assistent, het Saterdagoggend vir ʼn opskudding op Twitter gesorg nadat sy president Jacob Zuma erg gekap het oor hy dit glo duidelik gemaak het wit mense is nie welkom in Suid-Afrika nie.
Talle beseer deur weerlig en storms in KZN
Twee mense is ernstig beseer deur weerlig tydens gure weer in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Vrou glo by Dieretuinmeer verkrag
ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo op heterdaad betrap is waar hy ʼn 65-jarige vrou verkrag het by die Johannesburgse Dieretuinmeer.
Twee sterf in NK-botsing
Twee vroue is dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor op die R31 tussen Barkly-Wes en Kimberley in die Noord-Kaap.
Zuma van haatspraak aangekla
Die Menseregtekommissie (MRK) het bevestig dat president Jacob Zuma van haatspraak aangekla is.
Gedagte vir die dag: Uit genade gered
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waar voor Hy ons bestem het. (Ef 2:8, 10)