Die KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid het Sondag gesê hy is gewalg deur die voorval waar drie paramedici beroof is terwyl hulle ʼn slagoffer bygestaan het.
Lees meerAlles vir Sondag 18 Januarie 2015
EFF wil begin met program om grond te beset
Die EFF in Gauteng gaan vanjaar begin met ʼn program om vakante grond te beset.
Video: AB maak eendagkrieket-geskiedenis
AB de Villiers het Sondag tydens die Proteas se tweede eendagwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande geskiedenis gemaak deur die vinnigste honderdtal nog in dié weergawe van die spel aan te teken.
Man ry glo oor rooi lig; 2 dood
ʼn Polisiebeampte en nog ʼn persoon is Sondagoggend dood in ʼn botsing in Benoni aan die Oos-Rand.
Drie dae oue baba by hospitaal ontvoer
Die polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn drie dae oue baba wat by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein ontvoer is.
Foto’s: Tweede Nuwejaar kleurvol gevier
Die Kaapse Klopse se straatkarnaval het Saterdag in Kaapstad plaasgevind nadat dit vroeër verskeie kere uitgestel is.
Vierjarige verdrink in swembad
ʼn Vierjarige seun het in ʼn swembad in Northdene in KwaZulu-Natal verdrink, het paramedici Sondag gesê.
Pistorius-familie by prysvasstelling betrek
ʼn Maatskappy wat deur Oscar Pistorius se familie besit word, word van prysvasstelling beskuldig, het die Sunday Times berig.
Vier vas ná mislukte plaasaanval
Vier mense is Sondag in hegtenis geneem na ʼn mislukte plaasaanval in De Tweedespruit in Cullinan buite Pretoria.
Zelda sê jammer; verduidelik uitlatings
Zelda La Grange, oudpres. Nelson Mandela se voormalige assistent, het om verskoning gevra nadat sy Saterdagoggend teen pres. Jacob Zuma uitgevaar het op Twitter. La Grange het egter ook ʼn verduideliking verskaf vir haar uitlatings.
Geen beurtkrag verwag nie
Eskom het gesê die kragnetwerk is stabiel en dat geen beurtkrag Sondag verwag word nie.
Tiener sterf in gru-botsing
ʼn Tiener is dood en ses mense is beseer in ʼn ongeluk waarby ses motors en twee vragmotors betrokke was in Bedfordview aan die Oos-Rand.
Vrou val van krans in Jhb, sterf
ʼn 21-jarige vrou is dood nadat sy van ʼn krans in Northcliff, Johannesburg geval het.
Gedagte vir die dag: God hou jou vas
Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing. (Op 3:10)