Die ANC het Zelda la Grange, oudpres. Nelson Mandela se voormalige assistent, as ʼn “bedorwe wit mens” bestempel, het Beeld Maandag berig.
Alles vir Maandag 19 Januarie 2015
Een sterf ná voertuig in giftige water beland
ʼn Persoon is Maandag dood nadat ʼn motor in ʼn kanaal met giftige water in Kaapstad beland het.
Boek: Ek is tot alles in staat
Dié bekende skrywer en radiopersoonlikheid breek Filippense in 10 studies op om te sien wat hierdie boek vir elkeen individueel, asook in die groter prentjie van die boek wil sê.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle en terreur – Om doeltreffend te reageer
ʼn Halfhartige strategie se kanse op sukses is minimaal, skryf Herman Toerien.
Oom Herrie se kerrie: Oom Herrie des familias
Die afgelope week het oom Herrie begin wonder of die Afrikaanse woord, gesin, nog bestaan.
Don Steenkamp-prokureur eis betaling
Die voormalige prokureur van Don Steenkamp, wat skuldig bevind is aan die moord op sy gesin in Griekwastad, is besig met stappe om sy regskostes van Steenkamp se voog te verhaal, het The Star Maandag berig.
Man in hof oor k-woord
Erik Neethling (33), wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn motoris die k-woord toegesnou het, se saak is in die Wynberg-landdroshof uitgestel, het The Star Maandag berig.
WAT Woord van die Week: harlaboerla
Die WAT Woord van die Week is “harlaboerla” wat onder andere “lawaai, rumoer, wanorde” beteken.
De Klerk-naamsverandering gaan voort
Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester, se kantoor het Maandag gesê die voorstel om Tafelbaairylaan na FW de Klerk-rylaan te hernoem, gaan voort.
Ses vas ná Vrystaat-plaasaanval
Ses Zimbabwiërs is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn 65-jarige boer en sy 60-jarige vrou op hul plaas buite Bothaville in die Vrystaat aangeval het.
Kaapse straat na Jakes Gerwel vernoem
Jakes Gerwel, ontslape Suid-Afrikaanse akademikus en politieke aktivis, is Sondag vereer vir sy pogings om ʼn meer inklusiewe samelewing te bou, met Vanguard-rylaan in Kaapstad wat amptelik na Jakes Gerwel-rylaan vernoem is.
Polisieman vas oor gesteelde voertuig
ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is geskiet en gewond nadat daar glo ʼn gesteelde voertuig in sy besit gevind is.
Heftige ‘skrumstryd’ bars in Wallis los
`n Heftige “skrumstryd” is in Wallis aan’t onwikkel nadat die nasionale voorspelerafrigter, Robin McBryde, kommentators op die TV-kanaal S4C se Clwb Rygbi gekapittel het oor hul kritiek op skrums.
Gedagte vir die dag: Die enigste Lig
Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. (Jak 1:17)