Nog `n dag, nóg `n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat sy heil oorsee gaan soek.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Januarie 2015
Man se Facebook-profielfoto’s gryp verbeelding aan
Hy is ʼn chirurg, ʼn myner, Indiana Jones, ʼn onderwyser en nog vele meer. Niemand weet egter wie hy regtig is nie behalwe dat sy Facebook-profielfoto’s wyd op sosiale media versprei word.
Man in hof na hy glo meisie met suur gooi
Jan Pieterse (29), wat daarvan beskuldig word dat hy suur oor sy eksmeisie uitgegooi het, het Woensdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Beeste op ongelukstoneel geslag
ʼn Vragmotor wat beeste vervoer het, het Dinsdagmiddag naby die Grasmere-tolplaza omgeslaan nadat daar glo klippe van ʼn brug af gegooi is.
SMS’e wat Zuma glo by Gupta-landing betrek nie bekend gemaak
Die SMS-boodskappe wat president Jacob Zuma glo by die Guptagate-skandaal betrek, kan nie openbaar gemaak word nie, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) gesê.
Bainsvlei-plaasmoorde: Drie in hof
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70) op hul Kwaggakraal-plaas naby Bainsvlei vermoor het, het Woensdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Wenke vir persoonlike finansiële bestuur in 2015
Solidariteit Finansiële Dienste het ‘n paar riglyne vir jou persoonlike finansies in 2015.
Frustrasievlakke hoog by Centurion-lisensiekantoor
Mense by die Centurion-lisensiekantoor se frustrasievlakke word behoorlik beproef aangesien hulle ure lank in lang rye moet wag om hul lisensies te hernieu.
Strykysters, grawe en byle baie keer in brutale aanvalle gebruik
Sedert 2014 was daar minstens 15 plaas-, hoewe- en ander aanvalle waartydens slagoffers met grawe, strykysters of byle aangeval of vermoor is.
Valke slaan toe op Boksburg-dwelmlaboratorium
Die Valke het Woensdag op ʼn hidroponiese dwelmlaboratorium by ʼn huis in Boksburg toegeslaan waartydens daar op dagga met ʼn straatwaarde van sowat R100 000 beslag gelê is.
Resep: Maklike hoenderpastei
Hierdie maklik hoenderpastei is nie net vinnig om voor te berei nie, maar sal sommer ook jou sak pas.
Gedig: Opstaankoffie
George Weideman se gedig, “Opstaankoffie” is dalk nie vir kinderoë bedoel nie…
Kaapstad-seun gestenig, aan die brand gesteek
ʼn Seun van Kaapstad is gestenig en aan die brand gesteek, het die Wes-Kaapse polisie Woensdag gesê.
Suur-aanval: Verdagte soek verbod om foto’s te publiseer
Jan Pieterse, wat daarvan verdink word dat hy suur oor sy eksmeisie uitgegooi het, het Woensdag met die aanvang van sy verhoor in die Johannesburg-landdroshof versoek dat daar nie foto’s van hom gepubliseer mag word nie.
AfriForum: ‘Watergehalte ’n tikkende tydbom’
“Ons is uiters besorg oor die swak bestuur deur waterreguleerders in Suid-Afrika.” Só sê Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, nadat die langverwagte Bloudruppel- (drinkwater) en Groendruppel- (rioolafvalwater) verslag vir 2013, geëvalueer is.
Ontwikkel jou kind se vaardighede in die grondslagfase
Kinders in die Grondslagfase is in ’n baie ontvanklike fase van hul lewens waartydens hulle aan nuwe leerervarings blootgestel word, vaardighede bemeester en hul vermoëns ontwikkel.
Grootste treffers Volume 1- Heinz Winckler
Heinz is sonder twyfel een van die min Idols-wenners wat ʼn konstruktiewe bydrae tot dusver in die Afrikaanse musiekbedryf kon lewer.
Borgtog vir radio-omroeper ná vriendin se moord
Die radio-omroeper wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin vermoor het, is op borgtog van R10 000 vrygelaat, het The New Age Woensdag berig.
Dirk Hermann antwoord: “Hier is ons, Jan van Afrika – ons kan nie anders nie”
As ons praat van Afrikaner-leiers moet ons nie soek na groot politieke leiers wat vanaf ʼn sentrale stelsel regeer nie, maar die Van der Westhuizens wat vanuit die gemeenskap werk. Moet dus nie meer soek na die groot leier nie – dit is jy.
Fietsryer deur bus doodgery
ʼn Fietsryer is Woensdag in Pretoria dood nadat hy glo deur ʼn bus getref is.