Impak-matrikulante se prestasie in 2014 getuig van die maatskappy se wenresep. Ongeveer 650 kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê, met ’n slaagsyfer van 72%.
Alles vir Woensdag 21 Januarie 2015
Boek: Onder ’n sterrehemel
Met die Anglo-Boereoorlog op hande, loop Catriona Fraser, ’n jong meisie uit die Kaapkolonie se grensdistrikte, weer vir Rudolf Dreyer van die buurplaas raak. Sy ontdek baie gou dat hy steeds die man is wat haar hart in sy hande hou.
Baba L: ‘Aanvaller verdien lewenslank’
ʼn Organisasie is van mening dat die sakeman van Pretoria-Noord wat tien jaar tronkstraf opgelê is vir kindermishandeling op sy vriendin se tweejarige dogtertjie, bekend as Baba L, lewenslange tronkstraf verdien.
Trein trap model tydens fotosessie
Greg Plitt, ʼn bekende fiksheidsmodel, is in Kalifornië dood toe hy tydens ʼn fotosessie op ʼn treinspoor gestruikel en ʼn trein hom getref het.
Bejaardes erg aangerand tydens De Wildt-plaasaanval
Hannes van der Merwe, ʼn bejaarde boer van De Wildt in Noordwes, moes Dinsdag ʼn kilometer ver na sy bure strompel om hulp te ontbied nadat hy tydens ʼn plaasaanval met ʼn byl aangerand en met ʼn strykyster gemartel is.
Polisiehoë vas oor ammunisie
Kol. Chris Prinsloo, ʼn polisiebeampte wat in beheer is van die vuurwapenlisensies in Gauteng, is in hegtenis geneem vir diefstal en die onwettige besit van ammunisie.
Nuuskommentaar: Ope brief aan pres. Jacob Zuma
Herman Toerien skryf ‘n tong in die kies-ope brief aan pres. Jacob Zuma oor alles wat hom kommer in Suid-Afrika.
Malema se terugkeer na ANC “lagwekkend”, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn mediaberig dat sy leier Julius Malema na die ANC sal terugkeer, as “belaglik” verwerp.
Staking by Northam-platinummyn beëindig
ʼn Onbeskermde staking by Northam Platinum se Zondereinde-myn in Limpopo het tot ʼn einde gekom, het die vakbond NUM Dinsdag gesê.
Gauteng se Valke-baas geskors
Die Valke het Dinsdagaand bevestig dat sy hoof in Gauteng, genl.maj. Shadrack Sibiya, geskors is.
Gedagte vir die dag: God hou die leisels
As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. (Ps 3:6)