Iemand wat oud maar taai is, of ‘n groot uithouvermoë besit is ‘n “kanniedood”. Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié woord.
Alles vir Donderdag 22 Januarie 2015
Bende-ritueel lei glo tot gevangene se dood
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn gevangene glo dood is tydens ʼn beweerde bende-ritueel in die Brandvlei-gevangenis in Worcester, Wes-Kaap, het The Star Donderdag berig.
Minister het nie “wit oppasser” nodig nie
Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het uitgevaar teen Gavin Davis, woordvoerder van die DA, nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy inmeng by die SAUK-raad.
Nuuskommentaar: Planeet Zuma
’n Groot probleem is dat dit wat Zuma verkeerdelik as feite opdis, ook deur baie ander, veral swart mense as feite voorgehou word, skryf Herman Toerien.
Talle vas vir Soweto-plundery
Altesaam 39 mense is tot dusver in hegtenis geneem in verband met plundery en openbare geweld in Soweto, Johannesburg.
Video: Kangaroe hop vrou van fiets af
ʼn Vrou van Canberra in Australië is vroeër die week deur ʼn kangaroe van haar fiets af gespring.
Nóg twee brand met aansteekjel
Twee Maroela Media-lesers wat erge brandwonde opgedoen het nadat hulle deur aansteekjel gebrand is, het na vore gekom ter ondersteuning van ʼn poging deur ʼn regspraktyk om die produk van die mark te verwyder.
Video: Goedkoper in vitro-bevrugting
‘n Dokter by die Universiteit Stellenbosch bied kinderlose paartjies ‘n beter kans om ouers te word.
Verf-voorval: Twee vra borg
Twee mans wat van poging tot moord aangekla word nadat hulle ʼn Malawiese man glo aangerand en toe van kop tot tone wit geverf het, sal na verwagting Donderdag in die Pietermaritzburg-landdroshof om borg aansoek doen.
Juffrou gesleep: Man in hof
Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie waarmee Suzanne Leyden glo etlike meter ver in Sandton, Johannesburg gesleep is, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.
Man steek homself aan die brand by polisiestasie
ʼn Man is dood nadat hy sy motor met homself daarin aan die brand gesteek het voor ʼn polisiestasie, het die polisie in Noordwes gesê.
Gedagte vir die dag: Mense van die lig
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. (Ef 5:8-9)