ʼn Kunstenaar, Red Hong Yi, van Maleisië, het ʼn indrukwekkende meesterstuk met 64 000 eetstokkies gebou.
Lees meerAlles vir Vrydag 23 Januarie 2015
Drie dood in Soweto-onrus
Minstens drie mense is dood sedert plundery Maandag in Soweto, Johannesburg, uitgebreek het.
Verstandelik gestremde man vas oor moord
ʼn 33-jarige verstandelik gestremde man is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo Vrydag ʼn 42-jarige man, wat ook verstandelik gestremd is, vermoor het.
Tiener gewaarsku om van 14-jarige weg te bly
ʼn Landdros het ʼn 16-jarige seun, wat ʼn seksuele verhouding met ʼn 14-jarige verstandelik gestremde dogter gehad het, gewaarsku om van haar af weg te bly.
Nóg Gupta-klagtes laat vaar
Aanklagte teen twee van die beamptes wat ook beskuldig is vir hul betrokkenheid in die landing van ʼn privaat vliegtuig van die Gupta-gesin se gaste in 2013 by Waterkloof-lugmagbasis, is maande gelede al laat vaar.
Seuntjies sterf na hulle erg in motor brand
Twee driejarige seuntjies van Kaapstad is dood nadat hulle in ʼn motor vasgekeer was en erge brandwonde opgedoen het in Macassar in die Wes-Kaap.
Puk ondersoek voorval met eerstejaars en personeellid
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het met ’n ondersoek na beweerde wangedrag deur lede van die Hombré-manskoshuis begin na ’n voorval waarby eerstejaarstudente Woensdag betrokke was.
Luister: Bets Smith bespreek die liefde, geskiedenis en ‘n roman
Bets Smith, die skrywer van “Onder ‘n Sterrehemel”, praat met Esté Meyer Jansen uit Witrivier oor dié roman, geskiedenis en haar liefde vir skryf.
Maleisië-doodstraf: Man gee glo vir hom tas met dwelms
Deon Cornelius, ʼn veiligheidswag van Suid-Afrika wat Donderdag die doodstraf opgelê is in Maleisië, beweer ʼn Nigeriër het vir hom ʼn skootrekenaarsak met die dwelms in gegee.
Luister: Lizz Meiring oor “Langpad en Lipstieks”
Lizz Meiring skop vroeg in Februarie af met haar nuwe produksie, Langpad en Lipstieks, by Die Boer-teater in Durbanville.
Olieprys styg na dood van Saoedi-koning
Die prys van Brent ru-olie en Amerikaanse olie het met sowat twee dollar gestyg na die nuus dat Saoedi-Arabië se 90-jarige koning, Abdullah bin Abdulaziz, oorlede is.
Boek: Die Skuilplek
Die wêreldwye-topverkoper, nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar! ‘Die skuilplek’ het reeds meer as 2 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop, en is vandag net so relevant as in Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog.
Steve glo nie welkom by KKNK
Steve Hofmeyr is glo nie welkom om vanjaar by die ABSA KKNK op te tree nie.
Skildery – Nadine
Nadine se nuutste album, Skildery, is beslis ‘n album wat ‘n mens op jou CD-rak kan byvoeg.
Valke-hoof se skorsing ongeldig
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis dat Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, se besluit om Anwa Dramat, hoof van die Valke, te skors, ongeldig is.
Jackie Selebi oorlede
Jackie Selebi, voormalige polisiekommissaris, is Vrydagoggend in die ouderdom van 64 oorlede.
Video: Miljoene vir katjies wat “ontplof”
ʼn Nuwe kaartspeletjie wat gebaseer is op katjies wat ontplof, ʼn paar bokke en lang rughare, het binne drie dae op die skarefinansieringswebwerf reeds meer as $3 miljoen (R34 miljoen) gewerf. Die doelwit was $10 000.
Twee kry lewenslank vir Philipstown-plaasmoord
Twee mans is Woensdag in die hooggeregshof in Kimberley in die Noord-Kaap tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord vyf jaar gelede op Jacobus Wartington (74) op ʼn afgeleë plaas naby Philipstown.
Video: Helder oordag by vulstasie beroof
ʼn Video wat wys hoe twee mans ʼn motoris en sy passasier helder oordag by ʼn vulstasie beroof, word wyd op sosiale media versprei.
Lufthansa bied binnekort laekostevlugte na Suider-Afrika
Die Duitse lugdiens Lufthansa, het groot planne in die pyplyn om vanjaar met ʼn laekostelugdiens vir langafstandvlugte te begin.