Dit is baie duidelik dat baie mense hul koppe daagliks breek oor die tekens van die eindtye, en die uiteindelike oordeelsdag, skryf Herman Toerien.
Alles vir Vrydag 23 Januarie 2015
Kaapstad het reeds ʼn De Klerk-straat
Kaapstad het reeds ʼn straat wat na oudpresident FW de Klerk vernoem is, het The Star Vrydag berig.
Foto’s: Passasier verkool in trok
ʼn Man het Vrydagoggend verkool en een is beseer nadat ʼn vragmotor en ʼn motor wat ʼn sleepwaentjie gesleep het, naby Newcastle in KwaZulu-Natal gebots het.
Nkandla, SAUK haal lys van nasionale sleutelpunte
Die Waterkloof-lugmagbasis, waar 200 gaste van die Gupta-familie in ʼn private vliegtuig geland het vir ʼn troue, is nie ʼn nasionale sleutelpunt nie.
Aansteekjel-brand: Seun word vandag begrawe
Arno van Greunen, die sewejarige seun van Meyerton in Gauteng wat dood is nadat ʼn bottel aansteekjel tydens ʼn fondue in sy pa se hande ontplof het, word vandag ter ruste gelê.
Soveel renosters in 2014 gestroop
Edna Molewa, minister van omgewingsake, het bekend gemaak dat 1 215 renosters in 2014 vir hul horings doodgemaak is.
Terug tronk toe na hy op parool weer verkrag
ʼn Man wat drie maande nadat hy op parool vrygelaat is ʼn vrou verkrag het, is terug in die tronk.
Nasionale sleutelpunte openbaar gemaak
Die polisie gaan teen vandag ʼn lys van 200 nasionale sleutelpunte openbaar maak.
Gedagte vir die dag: Bly hoop
Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie. (Klaagl 3:18, 21-22)