ʼn Man in sy 20’s is Saterdagmiddag by ʼn bekende vulstasie in Oranjestraat in Kaapstad doodgeskiet.
Lees meerAlles vir Saterdag 24 Januarie 2015
Uitlanders se winkels staan verlate in Soweto
Verskeie uitlanders se winkels het Saterdag verlate gestaan ná ʼn week van geweld en plundery in Soweto, Johannesburg.
52 beseer in Vrystaat-busongeluk
Minstens 52 mense, waaronder 31 skoolkinders, is Saterdagoggend beseer toe ʼn bus sowat 20 km buite Harrismith in die Vrystaat omgeslaan het.
Video: Boogskutter-video baie gewild
ʼn Video oor Lars Andersen, meester van die eeueoue tegniek van boogskut, is baie gewild op sosiale media en is die afgelope 24 uur meer as 3 miljoen keer gekyk.
Nog inhegtenisnemings ná plundery in Wes-Rand
Altesaam 13 mense is Vrydagaand in Kagiso aan die Wes-Rand in hegtenis geneem in verband met geweld en plundery van winkels wat aan uitlanders behoort, het die polisie in Gauteng Saterdag gesê.
Twee vroue dood toe muur op hulle val
Twee vrou is op ʼn plaas buite Maake naby Tzaneen in Limpopo dood toe ʼn muur ineengestort en op hulle geval het.
Kleuter gevind ná JHB-kaping
ʼn 21 maande oue seuntjie wat tydens ʼn kaping in Booysens, Gauteng ontvoer is, is in Braamfontein gevind.
Groot luislang in Zimbabwe doodgemaak
ʼn 3.4 meter lange luislang is in Mutare in Zimbabwe doodgemaak nadat dit in ʼn woonbuurt gevind is, het ʼn plaaslike koerant Vrydag berig.
Vakbond probeer staking by Comair vermy
ʼn Stakingsertifikaat is aan die vakbond Solidariteit uitgereik nadat salarisonderhandelinge met Comair, waarby die lugrederye Kulula en British Airways geaffilieer is, finaal vasgeval het. Die vakbond wil ʼn staking probeer vermy.
Tzaneen-man vas wat glo bejaarde vroue verkrag het
Die polisie in Tzaneen glo hulle het ʼn mees gesoekte reeksverkragter, wat inwoners van Bolobedu al die afgelope vyf jaar lank teister, vasgetrek.
Buitelandse beleggers se vrae oor SA
Is Suid-Afrika steeds ʼn veilige beleggingsbestemming? Dít is die vraag wat internasionale beleggers hulself sal afvra na afloop van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) wat vandag in Davos, Switserland, afsluit.
Twee meisies glo as seksslawe aangehou
ʼn Man van Mosambiek wat glo twee Mosambiekse meisies, nou 11 en 15 jaar oud, in ʼn huis in Mpumalanga as seksslawe aangehou het, se saak moes uitgestel word omdat die staatsaanklaer nie Vrydag beskikbaar was nie.
Brandstigtingverdagte vrygelaat
ʼn Man wat daarvan beskuldig is dat hy sy buurman se huis in Mpumalanga aan die brand gesteek het, is Vrydag vrygelaat weens ʼn gebrek aan bewyse.
Gedagte vir die dag: Afguns se gevolge
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. (1 Kor 13:4)