ʼn Weduwee van Florida in die VSA spandeer $164 000 (nagenoeg R1,8 miljoen) per jaar om permanent op ʼn luukse passasierskip te woon.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Januarie 2015
Vrou in hof oor ontsnappingspoging
ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn vuurwapen by ʼn hof ingesmokkel het om twee gevangenes te help ontsnap, het Maandag in die Mthatha-landdroshof verskyn.
Nkandla-argitek se saak uitgestel
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se siviele eis teen die Nkandla-argitek Minenhle Makhanya is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgestel, het die SAUK berig.
Diamante by Prieska-myn gesteel
Sestien mans het Maandagoggend ʼn onbekende aantal diamante by ʼn myn naby Prieska in die Noord-Kaap gesteel.
Eskom begin met fase 2-beurtkrag
Eskom het Maandagmiddag aangekondig dat hy fase twee van beurtkrag begin toepas het.
Weermag onbewus van oudsoldate in Nigerië
Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag het Maandag gesê hy is onbewus daarvan dat oudsoldate in Nigerië ontplooi word om Boko Haram te help vernietig.
Demis Roussos sterf
Die 68-jarige Griekse sanger, Demis Roussos, is die naweek in ‘n hospitaal in Athene oorlede, berig ANP.
Vlugte na New York gekanselleer weens slegte weer
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Maandag vlugte na en van New York in Amerika gekanselleer weens slegte weerstoestande.
Malibongwe-padwoede: Verhoor uitgestel
Die verhoor van Meekahefele Masooa wat aangekla word dat hy ʼn motorfietsryer verlede jaar tydens ʼn padwoedevoorval in Johannesburg doodgeskiet het, het Maandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.
Man sterf ná masjinerie op hom val
ʼn Man is Maandag in ʼn nywerheidsongeluk dood toe ʼn masjien by sy werkplek in Nuffield in Springs aan die Oos-Rand, op hom geval het.
Sagte Japanners sal maar sukkel tussen die grotes
Nooit is `n baie lang tyd, maar ek weet nie of Japan binne die afsienbare toekoms saam met rugby se Groot Vyf sal gesels nie.
Vrou ontbied hulp op Facebook ná tuinvurk-aanval
ʼn Vrou het op Facebook om hulp gesmeek nadat sy by haar huis in Vereeniging erg met ʼn tuinvurk aangerand is en haar aanvaller onder meer haar selfoon gesteel het.
Minister verdedig Zuma: ‘Almal sê dom goed’
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys en president van die ANC-vroueliga, het gesê mense moet nie oorsensitief wees vir opmerkings oor vroue nie, het Beeld Maandag berig.
Luister: ToekomsVenster-inisiatief rus Christene toe met ʼn vyfjaar-strategie
Ds. Jannie Pelser gesels met Esté Meyer Jansen oor die ToekomsVenster-inisiatief wat Christene met ‘n vyfjaar-plan toerus.
Skietstaking in Oekraïne sneuwel
Na die leier van die rebelle in Oekraïne Vrydag aangekondig het dat hy die skietstilstand in die land opsê, het hy Saterdag ’n offensief op die hawestad Marioepol aangekondig.
Lolly Jackson-moord: ‘Die waarheid gaan uitkom’
Die waarheid agter die moord op die Teazers-baas Lolly Jackson sal tydens die verhoor van George Louca van Ciprus, bekend word, het Louca se prokureur Maandag gesê.
Eskom begin met beurtkrag
Eskom het Maandagoggend aangekondig dat hy begin het om beurtkrag toe te pas.
Luister: Kristel Loots praat oor haar nuwe boek, Katerina se mojo
Kristel Loots gesels uit Kaapstad met Esté Meyer Jansen oor haar boek, die karakters en vroue se “mojo”.
Malibongwe-padwoede: Verhoor begin
Meekahefele Masooa wat aangekla word dat hy ʼn motorfietsryer tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, se verhoor het Maandag begin.
Weduwees eis R9 miljoen na heli-ongeluk
Drie vroue wie se mans dood is toe ʼn polisiehelikopter in 2010 naby eMalahleni (Witbank) neergestort het, eis dat verstekvonnisse van R9 miljoen teen die polisie toegestaan word, het Beeld Maandag berig.