In hierdie week se Top 20 is daar elf snitte wat styg, ses wat daal en een liedjie wat in dieselfde plek as verlede week. Ons het ook twee nuwelinge.
Alles vir Maandag 26 Januarie 2015
Hooggety keer 21 in baai vas
Altesaam 21 mense is Sondag gered nadat die hooggety hulle in Dappat se Gat naby Kogelbaai, tussen Gordonsbaai en Pringlebaai in die Wes-Kaap, vasgekeer het.
WAT Woord van die Week: skattebol
Al ooit gewonder hoekom ons ‘n geliefde ‘n “skattebol” noem? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié woord.
EFF eerder kaal as sonder oorpakke
Die EFF sal kaal in die Nasionale Vergadering verskyn indien hulle verbied word om hul kenmerkende rooi oorpakke, rubberstewels en huishulp-uniforms te dra, het The Star Maandag berig.
Tiener verdwyn in see
ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn 15-jarige seun wat Sondag in die see by Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdwyn het.
Nuuskommentaar: Word Afrikanerklowe groter of kleiner?
Verskeie analiste het 2014 ’n ‘annus horribilis’ (verskriklike jaar) genoem. Goeie hoop is uitgespreek dat 2015 beter sal wees… maar die eerste kommentators het Januarie 2015 egter reeds ’n verskriklike maand genoem…
Kettingbotsing in stadige aksie
Na die val van die Berlynse Muur 25 jaar gelede is die utopie in Europa met nog vyftig jaar uitgestel.
Oom Herrie se kerrie: Los spoke as jy drink
Spookstories en ʼn hap of twee te veel loop dikwels hand aan hand.
Man vas wat hom as metrobeampte voordoen
Die Ekurhuleni metropolisie (EMPD) aan die Oos-Rand het Saterdag ʼn man by ʼn begrafnisstoet in hegtenis geneem nadat hy homself glo as ʼn metrobeampte voorgedoen het.
Lolly Jackson-moord: Verhoor skop af
George Louca, van Ciprus, wat beskuldig word van die moord op die Teazers-baas Lolly Jackson, se verhoor gaan na verwagting Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof wat in Palm Ridge aan die Oos-Rand sit, begin.
Man verdrink by uShaka-strand
ʼn Man in sy 30’s het Sondagmiddag in die see by die uShaka-strand in Durban verdrink.
20-jarige spoedvraat “net vir die lekker”
ʼn 20-jarige motorfietsryer is Sondag in hegtenis geneem nadat hy teen 195 km/h op die N12 in die suide van Johannesburg gery het.
Dramat kan nie terugkeer werk toe nie
Anwa Dramat, hoof van die Valke, kan Maandag nie terugkeer werk toe nie, aangesien die polisieminister Nkosinathi Nhleko appèl aangeteken het teen die hof se besluit om sy skorsing onwettig te verklaar en terstond omgekeer het.
Lasbrief dalk uitgereik vir Zuma se seun
Die polisie in KwaZulu-Natal kon Sondag nie bevestig of ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van pres. Jacob Zuma se oudste seun, Edward, uitgereik is nie.
Gedagte vir die dag: Gebed, danksegging en vrede
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil 4:6-7)