Eskom is steeds besig om beurtkrag toe te pas, maar hierdie video wys vir jou oulike maniere hoe om ʼn paar noodkerse te maak uit eenvoudige items wat jy sommer in jou huis beskikbaar het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 Januarie 2015
Ses vas oor diamant-diefstal
Ses mense is in hegtenis geneem nadat drie diamante van ʼn myn naby Prieska in die Noord-Kaap gesteel is.
Plaasveiligheid-eienaar skuldig aan moord
Rudolf Struwig (51), eienaar van ʼn plaasveiligheidsonderneming, is Dinsdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op twee plaaswerkers wat glo “moeilikheidmakers” was.
Plundery-dodetal aangepas
Die polisie het Dinsdag bevestig die amptelike dodetal tydens verlede week se plundery en gewelddadige optrede van uitlanders se winkels in Gauteng, staan op vyf.
Twee in hof ná gevangenes ontsnap
Twee mense sal na verwagting Dinsdag in die Ngcobo-landdroshof verskyn nadat hulle glo vier verhoorafwagtendes gehelp het om te ontsnap, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Boek: Buys – ‘n Grensroman
Van die Langkloof swerf Buys – oftewel Khula, Koning van die Basters, veelwywer, rampokker, swendelaar, voëlvry-verklaarde, uitvaagsel, pes van die regering, reus − deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds.
Boek: Raai hoe lief is ek vir jou
Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel.
Luister: Niks stuit PTA-uitblinker
Melissa de Chermont van Irene in Pretoria het verlede jaar matriek geskryf. ʼn Bloedklont het byna haar kanse om matriek te voltooi in die wiele gery, maar sy het nog steeds nege onderskeidings gekry.
Goeie nuus: Nóg goedkoper brandstof in Februarie
Motoriste kan hulself gereedmaak vir nóg ʼn beduidende daling in brandstofpryse vir Februarie.
Veroordeelde moordenaar werk steeds vir EFF
Papiki Babuile, sekretaris vir die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in Noordwes en die party se hoofsweep in die wetgewer, bly steeds in sy amp, ondanks die feit dat hy tronkstraf uitdien vir moord.
Derby-Lewis: Masutha onbewus van paroolraad se aanbeveling
Michael Masutha, minister van justisie, is nog nie deur die paroolraad in kennis gestel van die aanbeveling om Clive Derby-Lewis op mediese parool vry te laat nie, het sy woordvoerder Dinsdag gesê.
Puk-studente uit koshuis geskors ná voorval met personeellid
Sewe huiskomiteelede van die Hombré-manskoshuis op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is Maandagmiddag voorlopig uit die koshuis geskors ná ʼn beweerde onderonsie met ʼn senior personeellid waarby eerstejaars glo betrokke was.
Luister: Die Heuwels Fantasties gesels oor hulle nuwe album
Die Heuwels Fantasties se splinternuwe album Ja.Nee.Lekker is aan die einde van 2014 bekend gestel en is propvol oorspronklike musiek en hulle weergawe van Pieter van der Lügt se Voëlvry.
Luister: Gewilde Afrikaanse hengelprogram nou ook op e.tv
Die kampioen hengelaar, Loutjie Louwies, se Afrikaanse hengelprogram is só gewild dat dit vanaf Sondag 17 Mei op beide ASTV en e.tv uitgesaai sal word.
Uitdrukking: hoogty vier
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking “hoogty vier”
PTA-metropolisiebeampte dreig glo om kind te skiet
ʼn Driejarige kleuter van Pretoria moet berading ontvang nadat ʼn beampte van die Tshwane-metropolisie glo Maandagmiddag gedreig het om haar te skiet. Alles het begin skeefloop toe die kind se ma, Magda Robbertse, na bewering geweier het om omkoopgeld aan die beampte te gee.
Luister: Groote Kerk in Kaapstad vier fees
Die NG Kerk Kaapstad, ook bekend as die Groote Kerk, vier vanjaar 350 bestaansjare sedert die totstandkoming van die eerste Christelike gemeente in Suid-Afrika.
Ouers, seun op spog-gholflandgoed vermoor
ʼn Ouerpaar en hul seun is Dinsdagoggend in hul huis in die spog-gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor.
Video: Meer as 30 miljoen geraak in VSA se “monsterstorm”
In wat beskryf word as die ooskus van die VSA se grootste sneeustorm nog, het drie groot stede bykans alle aktiwiteite gestaak. Meer as sesduisend vlugte is reeds gekanselleer terwyl sneeu deur ysige winde aangedryf word.
Zuma se mites oor Jan en grond moet betwis word
Die klein groepie polities korrekte Afrikaanse kommentators wat Zelda la Grange se kritiek as ʼn ‘oordrewe reaksie’ beskryf, begaan dieselfde fout as wat boere in Zimbabwe begaan het toe wittes daar in die aanloop tot Mugabe se grondgrypprogram beledig is en tot sondebokke verklaar is, skryf Kallie Kriel.