Eskom het Dinsdag begin om fase 1-beurtkrag toe te pas nadat daar ook die grootste deel van Maandag beurtkrag voorgekom het.
Alles vir Dinsdag 27 Januarie 2015
Diewe steel historiese kerk se loodglasvensters
Skrootmetaaldiewe het ʼn historiese kerk in Durban, wat in 1868 gebou is, se loodglasvensters gesteel, het die Mercury Dinsdag berig.
Facebook-fout het sosiale media in rep en roer
Facebook was vir ‘n wyle Dinsdag nie beskikbaar nie weens ‘n tegniese fout by hul webbedieners.
Vroue wou glo miljoene se dwelms by SA insmokkel
Twee vroue verskyn Dinsdag in die Musina-landdroshof in Limpopo nadat hulle by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem is vir die besit van dwelmmiddels ter waarde van R8 miljoen.
Weermaglede nie in hof ná sjebien-voorval
Twee van die drie weermaglede wat daarvan beskuldig word dat hulle polisielede van Oudtshoorn gedreig het, het versuim om verlede week in die hof te verskyn, het The Star berig.
Moontlikheid vir beurtkrag groot
Eskom het gewaarsku daar is ʼn goeie kans dat Suid-Afrikaners verdere kragonderbrekings Dinsdag kan ervaar.
Nuuskommentaar: SA hét standaarde – Dubbele standaarde
Iemand, wat heel duidelik self agter die deur staan, kan nie maar sommer net ’n ander met wie hy haaks is ’n rassis noem, en dan meen die saak is daarmee afgehandel nie.
Motorfietsryer sterf in PTA-botsing
ʼn Motorfietsryer is Maandag in Claremont in die weste van Pretoria dood nadat hy ʼn motor getref het.
Boek: Ontsluit die Bybel
Ontsluit die Bybel is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur bekroonde skrywer Stephan Joubert saam met Leonard Maré.
Polisiebeamptes in hof oor renosterstropery
Drie polisiekonstabels en ʼn voormalige wildbewaarder sal na verwagting Dinsdag in die Nelspruit-streekshof verskyn in verband met renosterstropery.
Solidariteit in hof oor polisierange
Die vakbond Solidariteit se hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor sy nuwe rangstelsel hervat Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg.
SOE-hoof bedank
Die presidensie het bevestig dat pres. Jacob Zuma die bedanking van Vas Soni, hoof van die spesiale ondersoekeenheid, ontvang het.
‘Superreeks kan in 2016 doodloop’
Daar heers ernstige kommer dat `n gebrek aan spelers van gehalte en `n voortspuitende verwatering in die mededingendheid die Superugbyreeks in 2016 kan laat doodloop.
Gedagte vir die dag: Kan jy God verstaan?
Kan jy begryp wie God werklik is? Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jý daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik? Dit strek verder as die aarde, wyer as die see. (Job 11:7-9)