Die gewelddadige betogings in Malamulele in Limpopo het die Krugerwildtuin genoop om sy Punda Maria-hek te sluit.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Januarie 2015
Pillay steeds geskors
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag gesê sy adjunkhoof Ivan Pillay is steeds geskors. Dit nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vroeër gesê het die dispuut tussen die SAID en Pillay is opgelos.
‘Eskom moet by beurtkrag-skedules hou’
Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Woensdag gesê die skielike afwisseling tussen die verskillende fases van beurtkrag maak dit moeilik vir besighede om vooruit te beplan en ondermyn produktiwiteit.
Ses kinders sterf in ongeluk
Ses kinders is Woensdag dood nadat ʼn bakkie deur ʼn hek gebars en teen ʼn huis gebots het in Pietermaritzburg.
Thomas se ouers: “Ons lewens is vernietig”
Thomas Ferreira, wat in November 2011 deur ʼn blouligbestuurder van sy motorfiets af gery is, se ouers het gesê hulle is verlig dat die saak verby is, nadat die bestuurder Woensdag gevonnis is.
Polisiebeamptes in hof na winkelroof
Twee polisiebeamptes en ʼn reservis-konstabel het Woensdag in die Galeshewe-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklag van roof.
ANC wil grondbesit beperk
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag gesê die party wil grondbesit beperk.
Niemand nog vas vir Stellenbosch-gesinsmoord
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn ouerpaar en oudste seun wie se liggame Dinsdagoggend in hul huis in die spog-gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap aangetref is nie.
Die ekumeniese verhouding tussen die NGK en die GKSA
Plaaslike kerke (gemeentes) van die NGK en die GKSA is grootliks daarvoor verantwoordelik om binne die raamwerk van hierdie ooreenkoms/memorandum mekaar as medegeloofsgenote te aanvaar, saam te lewe en dinge saam te doen, skryf prof. Dries du Plooy.
Thomas Ferreira: Blouglig-bestuurder gevonnis
Die blouligbestuurder wat Thomas Ferreira in November 2011 van sy motorfiets af gery en sy lewe “vernietig” het, is Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof gevonnis.
Korrupsie kos SA R700 miljard oor twee dekades
Die Instituut van Interne Ouditeure het Woensdag bekend gemaak dat Suid Afrika oor die afgelope 20 jaar R700 miljard weens korrupsie verloor het.
Polisie-verslag: ‘Wolf is skaapwagter’
AfriForum het Woensdag die Broken Blue Line-verslag bekend gestel wat 100 voorbeelde bevat van geweldsmisdade waarby Suid-Afrikaanse polisiebeamptes sedert 2011 betrokke was. Dié verslag is deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIR) saamgestel.
Ondersteun Afrikaans en wen R25 000
Ondersteun Afrikaans deur enige Afrikaanse woord teen R100 per woord te borg en jy wen dalk R25 000 goedgunstiglik voorsien deur Sanlam.
Huishulp-aanranding: Vonnisverrigtinge uitgestel
André van Deventer (36), wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn huishulp aangerand en haar die k-woord genoem het, se vonnisverrigtinge in Woensdag in die Kaapstad-landdroshof uitgestel.
Man sterf ná trein hom tref
ʼn Man is Woensdagoggend dood nadat ʼn trein hom in Witpoortjie in Roodepoort, Gauteng getref het.
Gedig: Foto van ma
Marlise Joubert se gedig, “Foto van ma”
Boek: Die respektabele Meneer Hartslief
Wanneer ’n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur ’n eksentrieke huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan van Brixton.
SAPD se nuwe rangstelsel nie buigsaam nie, sê hof
Die arbeidshof in Johannesburg het Dinsdag aangedui dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) nie ʼn buigsame proses gevolg het toe hy in 2011 polisielede volgens sy nuwe rangstelsel bevorder het nie.
Nuuskommentaar: Is SA-demokrasie in die moeilikheid?
Herman Toerien sê die antwoord op die vraag of Clive Derby-Lewis Vrydag mediese parool by die minister kry of nie, en of premier Ace Magshule en kie se rojale staatsuitstappie na Kuba die wind van voor gaan kry, sal die stand van demokrasie in die land bepaal.
Besluit oor De Klerk-straatnaamsverandering verwag
Die Kaapstadse stadsraad sal na verwagting Woensdag besluit oor die voorstel om Tafelbaairylaan na FW de Klerk-rylaan te hernoem.