Herman Toerien sê ons het baie dinge om te sê en te skryf, soos om lawaai te maak oor die R700 miljard wat die afgelope 20 jaar weens korrupsie verlore gegaan het, maar soms rig ons meer kwaad as goed aan as ons só swak skryf dat selfs die vloekwoorde verkeerd gespel is.
Alles vir Donderdag 29 Januarie 2015
Boek: Gebed – ’n kragtige wapen
Vir elke Christen wat ’n sinvolle gebedslewe wil hê, wys topverkoper-outeur Stormie Omartian in Gebed – ’n kragtige wapen hoe om met krag en doelgerigtheid te bid.
SAUK se Afrikaanse nuus skuif oor sokker
Die SAUK het bevestig dat hy talle van sy televisieprogramme, waaronder die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2, moes skuif weens die Afrikabeker-sokkertoernooi (Afcon).
Oudsoldate in Nigerië: Arresteer hulle, sê minister
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het gesê die Suid-Afrikaners wat die Nigeriese weermag gaan help om die terreurgroep Boko Haram te vernietig, moet met hul terugkeer in hegtenis geneem word, het Beeld berig.
Video: Só sny mens ʼn soetrissie
ʼn Soetrissie is veral heerlik in slaaie en pastageregte, maar dit is soms ʼn tameletjie om die soetrissie maklik te sny.
Boek: Kreatiewe inkleurboek vir grootmense
’n Inkleurboek met ’n verskil. Waar inkleur gewoonlik ’n aktiwiteit is wat klein kindertjies ure lank besig kan hou, verskuif die fokus hier na ’n ander teikengroep – gespanne en bekommerde volwassenes.
PTA-spogskool van segregasie beskuldig
ʼn Privaatskool in Pretoria word daarvan beskuldig dat klasse aan leerlinge toegeken word op grond van hul ras, het Eyewitness News Donderdag berig.
AirAsia-ramp: Medevlieënier het vliegtuig gevlieg
Die AirAsia-vliegtuig wat verlede maand tussen Surabaya in Indonesië en Singapoer verdwyn het, was deur die medevlieënier gevlieg toe dit in die see neergestort het.
Acsa kondig nuwe handbagasieperke aan
Die Lughawensmaatskappy (Acsa) gaan van Maandag af nuwe handbagasiebeperkings instel by alle lughawens in Suid-Afrika wat alle lugrederye en reisigers gaan raak.
Video: Mini-helikopter vir Mars ontwikkel
‘n Mini-helikopter wat maar ’n kilogram sal weeg, en ’n meter van punt tot punt meet, word ontwikkel om in 2020 na Mars te reis wanneer Nasa hul volgende Marskarretjie na die rooi planeet neem.
Kleuter op snelweg: Ma weer in hof
Valencia Ngobeni, wie se kleuter verlede jaar op die N1-snelweg aangetref is, gaan na verwagting Donderdag weer in die Vereeniging-landdroshof verskyn.
ANC ontwrig glo Kaapse raadsvergadering
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het die ANC daarvan beskuldig dat sy lede soos boewe optree.
Carl Pistorius nog nie aangekla
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het nog nie besluit of Carl Pistorius, Oscar Pistorius se broer, vervolg gaan word op aanklag van roekelose of nalatige bestuur nie.
Metrobeamptes in hof na hul glo dreig om kleuter te skiet
Twee Tshwane-metropolisiebeamptes wat glo gedreig het om ʼn driejarige meisie te skiet, het Woensdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Gedagte vir die dag: Soos ’n kind by sy moeder
Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd. (Ps 131:2-3)