Drie volwasse broers het besluit om foto’s van hul kinderdae te herskep en vir hulle ma ʼn spesiale kalender daarvan te maak.
Lees meerAlles vir Vrydag 30 Januarie 2015
Man gevonnis na hy dogter verkrag
ʼn Man is Vrydag in die Pietermaritzburg-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy dogter.
‘Clive het net sy kop geskud’
Clive Derby-Lewis het net sy skop geskud toe Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, aangekondig het hy gaan nie op mediese parool vrygelaat word nie, het sy vrou Gayle gesê.
Matriekuitslae nie ‘vermis’ nie
Die departement van onderwys het Vrydag gesê daar steek geen waarheid in berigte dat sy webtuiste deur kuberkrakers aangeval is nie.
Engen-skieter kry borg
Dave Forbes, wat glo ’n man by ʼn vulstasie in Kaapstad doodgeskiet het, is op borgtog vrygelaat.
Goeie nuus: Brandstofpryse daal
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse volgende week verder gaan daal.
Roodepoort-trompopbotsing glo deur dronk bestuurder veroorsaak
Vrydagoggend se trompopbotsing in Roodepoort, Gauteng, waarin twee bejaarde vroue gesterf het, is glo veroorsaak deur ʼn dronk bestuurder wat ʼn padblokkade probeer vermy het.
Renate Barnard skryf ope brief aan Riah Phiyega oor bevorderings in polisie
Is dit die nalatenskap wat u vir hierdie land se toekomstige geslagte wil agterlaat? vra Renate Barnard in ‘n ope brief aan genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof.
Nuuskommentaar: Clive Derby-Lewis
Herman Toerien meen die besluit om nie aan Clive Derby-Lewis mediese parool te gee nie, het die bult na nasionale versoening in die land nog ‘n paar grade steiler gemaak. En dít terwyl pres. Jacob Zuma self sy lyf skaars hou waar hy nou ’n groot rol kon speel.
Diewe besteel Limpopo-lykshuis
Diewe het by ʼn lykshuis in Marble Hall, Limpopo ingebreek en ‘n verskeidenheid toerusting gesteel.
Luister: Pretorianers, hier kom die Shaun Jacobs Band
Die kunstenaar Shaun Jacobs is een van daardie Suid-Afrikaanse musikante wat glad nie hoef terug te staan vir internasionale sterre as dit by rockmusiek kom nie.
Satiriese kommentaar: Mugabe is nie dood nie
Pres. Robert Mugabe (90) van Zimbabwe is vanoggend lewendig in sy hotelkamer in Addis Ababa, Ethiopië gevind. Hy is die Afrikakontinent se oudste staatshoof, en Zimbabwe is die lankslyende land op dié kontinent.
Redakteursbrief: Oor blou kuite en stomp knipmesse
Susan Lombaard gesels oor blou kuite en stomp knipmesse in haar redakteursbrief.
Stellenbosch-aanval: Seun by familie
Henri van Breda, die 20-jarige seun wat Dinsdag die aanval op sy gesin op die luukse De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch oorleef het, gaan tans by familie tuis.
Hiérom geen parool vir Derby-Lewis
Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydag gesê Clive Derby-Lewis (79) se toestand is nie sodanig dat hy fisiek ongeskik is of dat sy daaglikse lewe ingeperk word nie.
Clive Derby-Lewis kry nie parool
Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydag aangekondig dat Clive Derby-Lewis nie op mediese parool vrygelaat gaan word nie.
Eugene de Kock kry parool
Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydag aangekondig dat die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock op parool vrygelaat gaan word.
Nog geen besluit oor Ferdi Barnard se parool
Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydag aangekondig dat daar nog nie ‘n besluit geneem is oor of die apartheidsmisdadiger Ferdi Barnard op parool vrygelaat moet word nie.
Bejaarde vroue sterf in trompopbotsing
Twee bejaarde vroue is Vrydagoggend dood nadat twee voertuie reg-van-voor in Roodepoort, Gauteng, gebots het.
Valke ondersoek rooftog by Bedford-winkelsentrum
Die Valke het die ondersoek na Donderdag se rooftog en skietery by die Bedford-winkelsentrum in Johannesburg oorgeneem.