Oom Herrie skryf oor die bittersoet van die lewe.
Alles vir die maand Januarie 2015
Twyfelwoorde: mits of tensy?
Al ooit gewonder wanneer jy “mits” of “tensy” moet gebruik? Taaltoffie verskaf bietjie duidelikheid oor dié twee voegwoorde.
Polisieman se vrou voor hom verkrag
ʼn Kaapse polisieman moes glo toekyk terwyl twee mans sy vrou herhaaldelik verkrag nadat hulle by die egpaar se huis ingebreek het.
Drie apartheidmoordenaars hoor vandag oor parool
Michael Masutha, minister van justisie, sal na verwagting Vrydag aankondig of die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock, ʼn voormalige BSB-agent Ferdi Barnard, en Clive Derby Lewis op parool vrygelaat gaan word.
Spuitverf-verdagtes se borgtog afgekeur
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man se arm met ʼn byl gebreek en hom van kop tot tone in wit spuitverf bedek het, se aansoek om borgtog is Donderdag in die Pietermaritzburg-landdroshof afgekeur.
Kind sterf tydens pouse
ʼn Kind is Donderdag by ʼn skool in Tembisa aan die Oos-Rand dood terwyl hy en sy maatjies gespeel het.
Stellenbosch-aanval: Tiener kritiek, maar stabiel
ʼn 16-jarige meisie wat ʼn aanval op haar gesin in Stellenbosch oorleef het, maar waartydens haar broer en ouers dood is, is kritiek, maar stabiel, het ʼn woordvoerder vir die hospitaal Donderdag gesê.
Gedagte vir die dag: Wanneer jy hulp nodig kry
Here, net U kan die swakke teen ’n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U en in u Naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat ’n méns teen U seëvier nie. (2 Kron 14:11)
Trein ontspoor in Kaapstad
ʼn Trein het Donderdagmiddag naby Brackenfell-stasie in Kaapstad ontspoor.
Man in hof oor aanval op 83-jarige
ʼn 24-jarige man het Donderdag in die landdroshof in Port Alfred verskyn nadat hy ʼn 83-jarige vrou glo twee dae gelede beroof en aangerand het.
Dramat-skorsing was wettig, sê Nhleko
Nkosinathi Nhleko, die minister van polisie, hou vol hy het binne die wet opgetree toe hy lt.genl. Anwa Dramat, hoof van die Valke, geskors het.
Plaasveiligheid-eienaar gevonnis
Rudolf Struwig (51), eienaar van ʼn plaasveiligheidsonderneming, is Donderdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof gevonnis vir die moord op twee plaaswerkers wat glo “moeilikheidmakers” was.
Mosie van wantroue teen Zuma
ʼn Mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma sal op 24 Februarie in die Nasionale Vergadering gedebatteer word.
Beplande plaasmoord gefnuik
Vyf verdagtes tussen 21 en 39 jaar oud is in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat hulle glo met ʼn huisplan en drie vuurwapens betrap is.
Max du Preez sluit by News24 aan
Die voormalige rubriekskrywer vir die Independent Media-groep, Max du Preez, gaan by die span van News24 aansluit.
Radiostasie skors twee ná grap oor Stellenbosch-gesinstragedie
ʼn Omroeper en vervaardiger van die radiostasie 5FM is geskors nadat daar Donderdagoggend tydens die stasie se ontbytprogram grappe gemaak is oor die voorval in Stellenbosch waar ʼn ouerpaar en hul seun vermoor is.
Kind op snelweg: Ma gevonnis
Die vrou wat haar kleuterseuntjie verlede jaar langs die N1-snelweg gelos het, is in die Vereeniging-landdroshof gevonnis, het ʼn hofbeampte Donderdag gesê.
Luukse Ford Fusion
Bernard K Hellberg meen die Ford Fusion is ‘n uitstekende produk.
Foto’s en video: Sewe geskiet in rooftog by Bedford-winkelsentrum
Sewe mense, insluitend twee vermeende rowers is Donderdag beseer in ʼn gewapende rooftog by die Bedford-winkelsentrum in Johannesburg.
Video: Polokwane-man jaag van gewapende aanvallers weg
ʼn Man van Polokwane (Pietersburg) in Limpopo kon Woensdagoggend daarin slaag om van twee gewapende mans wat hom na bewering wou kaap of beroof, weg te jaag.