Stephan Brusche, ʼn kunstenaar van Rotterdam in Nederland, skep ongelooflike kunswerke met piesangs.
Lees meerAlles vir Maandag 2 Februarie 2015
Eenheid by Koeberg binnekort herstel
ʼn Eenheid by Koeberg-kragstasie ondergaan toetse voordat dit weer aangeskakel word, het Eskom Maandag gesê.
Poskantoor verwag verlies van R1.3 miljard
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) verwag om teen die einde van sy finansiële jaar in Maart ʼn verlies van R1.3 miljard te verklaar, het Beeld Maandag berig.
Zim-kannibaal pleit skuldig
ʼn Man van Zimbabwe het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig gepleit op moord en dat hy sy slagoffer se hart verwyder het. Hy het glo ook op die toneel stukkies van die man se hart geëet.
EFF ‘tel af’ na staatsrede
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn horlosie op sy webwerf aangebring wat die dae, ure en minute aftel voordat die party pres. Jacob Zuma aanspreeklik gaan hou vir opgraderings aan sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Video: Land se bloedvoorraad baie laag
Die land se bloedvooraad is uiters laag en die Suid-Afrikaanse Bloeddiens sê dis nou die tyd om ‘n verskil te maak.
Video: Dagligbesparing kan groot verskil maak
Suid-Afrika kan in spitstye elektrisiteit bespaar deur in die somermaande die horlosies een uur terug te draai. Dit was een van die voorstelle tydens ‘n…
“Wonderwerk” dat SA-man leef ná motorongeluk in VSA
“My hart is ongelooflik seer dat ek nog nie by hom kon wees nie, maar terselfdertyd is ek oneindig dankbaar dat my kind nog leef.” Só sê die ma van ʼn 24-jarige man wat ernstig beseer is tydens ʼn ongeluk met ʼn vragmotor twee weke gelede in Amerika.
Curro-rasseherrie: ‘Kinders is kleurblind’
Ouers wie se kinders glo volgens ras in klasse ingedeel is by die Curro Roodeplaat Privaatskool in Pretoria, het Maandag gesê hul kinders is nie rasbewus nie.
Lephalale-plaasmoord: Man in hof
Phillip Kgoantha, wat beskuldig word van die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.
14 vas na vragmotorkaping
Die Gautengse blitspatrollie het Maandagoggend 14 mense in hegtenis geneem na ʼn vragmotorkaping in Heidelberg.
Reguleer groepsverhoudings ter wille van persoonlike verhoudings
Wat my moed gee midde-in die toenemende rassepolarisasie en groeiende woede in die land, is die goeie persoonlike rasseverhoudings op grondvlak. Die teenstelling is opmerklik: persoonlike verhoudings op grondvlak is meestal gesond en selfs hartlik, maar groepsverhoudings op nasionale vlak is giftig en gekenmerk deur rasseretoriek.
Blinde student en gidshond staan vir niks terug nie
Anel Coetzee studeer regte aan die Universiteit van die Vrystaat en is die Atterbury Trust se eerste blinde beursstudent.
Video: Trokbestuurder jaag onbeheersd tussen Noordwes en Noord-Kaap
ʼn Vragmotorbestuurder is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het, en glo ook in verskeie botsings in Noordwes en die Noord-Kaap betrokke was.
Luister: Raadop met wiskunde? Gerrie Schoeman “The Math Mechanic” kan help
Gerrie Schoeman, ʼn wiskunde privaatonderwyser, gee ʼn paar praktiese wenke hoe jy jou kind met wiskunde kan help.
Ons magteloosheid gee ons krag
Ek skakel die bedlampie af en loer vir oulaas of sy nie deur die nag iets op Facebook gesit het nie. Wat ek wel daar vind, is genoeg om die bedlampie weer aan te skakel en my uit die bed te kry.
Drie sterf in botsing met noodvoertuie
Drie mense het Maandagoggend onherkenbaar verkool tussen Tzaneen en Polokwane in Limpopo in ʼn kettingbotsing waarby agt voertuie betrokke was.
ToekomsVenster: Kom reis saam
Kom ontdek jou identiteit as ‘n Christen en gelowige.
Luister: Die belangrikheid van die grondslagfase vir verdere leer
Maroela Media en Impak Onderwys fokus hierdie week op die belangrikheid van die grondslagfase. Twee kenners verduidelik hoekom hierdie fase so ʼn groot effek het op verdere leer.
Eertydse blink ster kan tronk toe oor prostitute
Een van die wêreld se eertydse blinkste sterre en moontlike toekomstige Franse president staan nou formeel tereg dat hy saam met makkers ’n internasionale prositusienetwerk bedryf het waarvoor hy tot tien jaar tronkstraf kan kry.