Fedsas meen die departement van basiese onderwys se “1+4-model” wat die vaardighede van wiskunde-onderwysers in hoërskole wil verbeter, gaan waarskynlik die teenoorgestelde uitwerking hê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 Februarie 2015
Soektog na Mpuma-transitorowers
Die polisie in Tzaneen is op soek na meer as agt mans wat ʼn veiligheidsmaatskappy, wat kontant vervoer het, aangeval en beroof het.
Eskom swyg oor landwye verdonkering
Eskom wou Maandag nie bekend maak watter planne hy in plek gestel het indien ʼn algehele verdonkering plaasvind nie.
LUR veroordeel vyfjarige se moord
Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het Dinsdag die moord van ʼn vyfjarige meisie in Bredasdorp veroordeel.
Derby-Lewis ontken dat hy minister gaan dagvaar
Clive Derby-Lewis het Dinsdag bewerings ontken dat hy sy prokureur Marius Coertze versoek het om die minister van korrektiewe dienste te dagvaar vir R2 miljoen.
Video: Dokters, werkgewers kla oor vergoedingsfonds
Verskeie werkgewers moet deesdae self opdok om te verseker werkers wat aan diens beseer word, kry behoorlike behandeling.
Video: Tegnologie ingespan in stryd teen ebola
Kenners sê daar is ‘n behoefte aan nuwe maniere om die verspreiding van ebola te help hokslaan. Tegnologie kan dalk net ‘n belangrike deel van die oplossing wees.
Klastyd dalk vir ekstra opleiding gebruik
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het aangekondig graad 8 en 9 wiskunde-onderwysers sal moontlik 23 weke lank op Maandae in skooltyd vir bykomende opleiding gestuur word.
Openbare protesveldtog teen vergoedingskommissaris van stapel gestuur
Martin Badenhorst het sy huis en voertuig verloor omdat hy lank vir die betalings vanaf die Vergoedingskommissaris moes wag
Boek: Sakkie Slakkie en ander stories
Drie pragtige geïllustreerde stories om kinders te vermaak, terwyl hulle eerste konsepte leer en hul woordeskat ontwikkel.
Sosiale media ingespan om beursie se baas te kry
ʼn Vrou van Danabaai in die Wes-Kaap het haar tot sosiale media gewend in ʼn desperate poging om ʼn student van Potchefstroom in Noordwes met haar verlore beursie te herenig.
Luister: Aanbieders van kosprogram bekoor met nostalgiese resepte uit die gewone kombuis
Die gewilde kosprogram, Kos is oppie tafel, is terug op ASTV vir ʼn nuwe seisoen. Esté Meyer Jansen het met een van die aanbieders, Willie Strauss, gesels om uit te vind wat ons van die nuwe reeks kan verwag.
Uitdrukking: Lood swaai
Het jy geweet wanneer iemand sy plig versuim of probeer ontduik, dan sê ons die persoon “swaai lood”. Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar dié uitdrukking vandaan kom.
Luister: Helpende Hand stel binnekort ʼn Afrikaanse lees-app bekend
Solidariteit Helpende Hand help kinders om met selfvertroue tot die digitale wêreld toe te tree, en sommer terselfdertyd hul leesvaardighede speel-speel op te knap.
Polisieman skiet gesin dood, pleeg selfmoord
ʼn Polisieman van Noordwes het sy vrou en 28-jarige seun doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
‘Roekelose’ vragmotorbestuurder Woensdag in hof
Albertus de Wee (52), die vragmotorbestuurder wat Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het en glo ook in verskeie geringe botsings in Noordwes en die Noord-Kaap betrokke was, verskyn Woensdag in die hof.
Luister: Robbie Wessels gesels oor die dekade na sy eerste album
Robbie Wessels se eerste album, My Vissermanvriend se pa, is reeds tien jaar gelede vrygestel, maar dié sanger glo sy musiek is steeds net so eerlik soos ʼn dekade gelede.
Centurion-skietery: Man wag glo 12 ure voor huis
Die man wat homself Maandag in ʼn veiligheidskompleks in Centurion doodgeskiet het nadat hy sy eksvrou se kêrel gewond het, het glo 12 ure lank vir hulle gesit en wag.
Video: Man in trane na ‘groot nuus’ in fotohokkie
Jessica Devins en haar man is gaande oor fotohokkies en sy het daarom besluit om die nuus, dat hy ʼn pa gaan word, in een van dié hokkies met hom te deel.
Resensie: Republiek van Zoid Afrika volume 1
Een van die gewildste televisiereekse die afgelope tyd op kykNet, was Die Republiek van Zoid Afrika, waarop Karen Zoid gesels het met sommige van die mense wat sy bewonder.