Dis heerlik om ʼn bos blomme te ontvang, maar soms is dit moeilik om die bos net so mooi in ʼn glasvaas te plaas indien die bek van die vaas te wyd is. Hier is vir jou ‘n handige wenk: net betyds vir Valentynsdag!
Lees meerAlles vir Saterdag 7 Februarie 2015
Vyf sterf in slegte weer in KZN
Vyf mense, insluitend ʼn baba, is Vrydagaand in dele van KwaZulu-Natal oorlede weens erge weersomstandighede.
Vlug GE235: Dodetal styg ná TransAsia-vliegongeluk
Nog liggame, insluitend ʼn vroulike bemanningslid, is Saterdag gevind nadat ʼn vliegtuig van TransAsia vroeër vandeesweek in Taipei neergestort het. Dit bring die amptelike dodetal tans op 40 te staan.
Foto’s: Krewe kruip uit die see
Ongeveer ʼn halfton kreef het uit die see by Elandsbaai noord van Kaapstad uit die see gekruip, het Eyewitness News Saterdag berig.
Man sterf tydens beurtkrag
William Engelbrecht (61) van Bloemfontein, wat aan twee suurstofmasjiene gekoppel was, is dood nadat Eskom twee keer in een dag beurtkrag toegepas het, het Beeld Saterdag berig.
Baba Jamie se moordsaak uitgestel
Die saak teen ʼn ma en dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die kleuter, Jamie Naidoo vermoor het, is in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal uitgestel, het die Saturday Star berig.
André P Brink dood weens bloedklont
Die letterkundige reus Andre P Brink is dood weens ʼn bloedklont in sy been, het die SAUK Saterdag berig.
Skrywer André P Brink oorlede
Die bekroonde skrywer André P Brink is Vrydagaand in die ouderdom van 79 oorlede aan boord ‘n vliegtuig van Nederland na Suid-Afrika.
MyCiTi-busse in Kaapstad aangeval
Twee MyCiTi-busse is in Kaapstad aangeval, het die stad Vrydag gesê.
Foto’s: Kunswerke van kindertekeninge
Fred Giovannitti van Delawere in Amerika moet gereeld oorsee reis en dan verander hy sy drie kinders se tekeninge in pragtige sketse.
Twee motorfietsryers sterf in Bloemfontein
Twee persone, wat saam op ʼn motorfiets gery het, is Vrydagaand dood in ʼn ongeluk op die N8, sowat 8 km buite Bloemfontein.
Man sterf op pad na OR Tambo
ʼn 38-jarige man is dood nadat hy Vrydagmiddag in ʼn stilstaande vragmotor in Kempton Park aan die Oos-Rand vasgery het.
Ouma vas oor kleinkind se verkragting
ʼn Pensioenaris van Mpumalanga is Vrydag in die Nelspruit streekshof gevonnis nadat sy haar kêrel gehelp het om haar sewejarige kleinkind te verkrag en haar met MIV te besmet.
Video: Inwoners leef in vrees ná Stellenbosch-bylmoorde
Inwoners van die luukse De Zalze-gholflandgoed sê hulle leef in vrees na die Van Breda-moorde. ‘n Sluier van geheimhouding wat volgens hulle oor die saak getrek word, vererger die situasie.
SA vrou sterf voor hofverskyning in Botswana
Tamara Louis Azevedo van Suid-Afrika is dood voordat sy op aanklag van dwelmhandel in ʼn hof in Botswana kon verskyn.
Man vas oor mensehandel
ʼn Man van Malawi is in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met mensehandel, het die Valke Vrydag gesê.
Ontgroening-saak: Seuns vrygelaat op borgtog
Vier skoliere, tussen 14 en 19 jaar oud, is Vrydag in die Jan Kempdorp-landdroshof vrygelaat op borgtog nadat hulle ʼn medeleerling by die skool se koshuis aangerand en seksueel mishandel het.
Sewejarige verdrink in plaasdam
Die liggaam van ʼn sewejarige seun is Vrydag uit ʼn plaasdam in Ottery in die Wes-Kaap gehaal.
Gedagte vir die dag: Fonteinwater
Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee. (Joh 4:13-14)