ʼn Video van ʼn “verstommende en uiters seldsame” geveg tussen twee swartmambas is in die Krugerwildtuin opgeneem.
Lees meerAlles vir Maandag 9 Februarie 2015
Priester gevonnis oor lollery met kinders
Georg Kerkhoff, wat van Suid-Afrika na Duitsland uitgelewer is weens seksuele misdrywe met kinders, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis, het The New Age Maandag berig.
Man gestenig, aan die brand gesteek
ʼn Man wat daarvan beskuldig is dat hy geld gesteel het, is deur ʼn woedende skare gestenig en aan die brand gesteek in Phokeng in Noordwes.
Nege gevangenes ontsnap in Jan Kempdorp
Die polisie in die Noord-Kaap is op soek na nege gevangenes wat die naweek uit aanhoudingselle by die Jan Kempdorp-polisiestasie ontsnap het.
13-jarige kritiek ná motorfiets hom tref
ʼn 13-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagmiddag deur ʼn motorfiets getref is in Johannesburg.
Video: André P Brink: “Hy was ‘n merkwaardige man”
Huldeblyke stroom van oor die wêreld in vir die legendariese Afrikaanse skrywer en akademikus, André P. Brink.
Wen dubbelkaartjies na Kaleidoskoop
Hierdie kompetisie is gesluit. Die musiekgroep Kaleidoskoop is op 14 Februarie om 19:00 by die Aula Teater in Pretoria te sien. As jy nog nie planne vir Valentynsdag het nie, is dié geleentheid perfek .
EFF se twiet oor verkragting skok
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het hom Maandag gedistansieer van ʼn twiet wat op sy Wes-Kaapse Twitter-profiel uitgestuur is oor verkragting.
Toer plaas Piet Byleveld onder die vergrootglas
ʼn Vraag-en-antwoordtoer, Piet Byleveld onder jou vergrootglas, met die bekende baasspeurder Piet Byleveld word op 5 Maart in die Atterbury Teater in Pretoria aangebied.
Regering én Saru laat ons rugby in die steek
Dit uittog van jong Suid-Afrikaanse spelers moet `n les vir die regering en die rugbybase wees – anders kan dit allerhande slegte gevolge vir die land se rugby hê en ook tot groot geldverliese ly. Die tyd vir jabroer speel is verby.
Veilige en onveilige digitale drukkies
Hettie Brittz verduidelik hoe en waar ouerskap, tegnologie en tieners mekaar op slimfone ontmoet.
Hewitt-‘slagoffer’ praat oor seksuele dade
Een van Bob Hewitt, die voormalige Grand Slam tennis-dubbelkampioen, se vermeende slagoffers het Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg wat in die Palm Ridge-landdroshof sit, getuig hoe haar voormalige tennisafrigter haar seksueel misbruik het.
Beurtkrag wel Maandag toegepas
Eskom het aangekondig dat daar van Maandagmiddag af beurtkrag toegepas sal word.
Maroela-nuus nou daagliks gratis in jou e-posbus
Maroela Media, die lekkerste kuierplek op die internet, het sopas sy nuus-nuusbrief beskikbaar gestel.
Mugabe is baie professioneel, sê SA-minister
Pres. Robert Mugabe het die Afrika-Unie se twee dae lange beraad vir staatshoofde op ʼn professionele manier gelei, het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maandag gesê.
Herfsskool weer met trots in 2015 aangebied
Meer as 30 jaar nadat die eerste Herfsskryfskool op Potchefstroom aangebied is (in April 1985), maak die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit steeds so.
Oom Herrie se kerrie: Ongefluite koffie
Danksy buitebeurtkrag het daar ’n nuwe uitdrukking in die Herries se huishouding ontstaan; ongefluite koffie.
Suid-Afrikaner stap weg met ʼn Grammy
Die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, Wouter Kellerman het gister tydens die 57ste Grammy-toekennings weggestap met die prys vir die beste New Age-album van die jaar, Winds of Samsara.
Video: Maak jou eie hoeslekkertjies
Daar is min dinge so sleg as om heeltyd te hoes of te kug. Hierdie video wys jou hoe jy jou eie hoeslekkertjies kan maak.
Werker op plaas vermoor
Die liggaam van ʼn plaaswerker is Maandag in sy plakkershuis op ʼn plaas naby Tzaneen, Limpopo, aangetref.