ʼn Gesin van Lindhaven in Johannesburg is haweloos gelaat nadat die huis, waarin hulle al vir meer as 20 jaar lank bly, aan die brand gesteek is.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 Februarie 2015
Studente wil Jode uitskop
Die Verteenwoordigende Studenteraad van die Durban Universiteit van Tegnologie het versoek dat alle Joodse studente wat nie die Palestynse saak ondersteun nie, geskors moet word, het die Daily News Woensdag berig.
Suuraanval: Saak uitgestel
Jan Pieterse (29), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie wou vermoor deur suur oor haar uit te gooi, het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Egpaar het glo boer in Venezuela bedrieg
ʼn Man en sy vrou sal na verwagting Donderdag in ʼn hof in Limpopo verskyn nadat hulle ʼn boer in Venezuela glo met meer as R180 000 bedrieg het, het die Valke gesê.
Godsdiens in skole: Deeglike voorbereiding noodsaaklik vir toetssaak, sê Fedsas
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het gesê deeglike voorbereiding navorsing is nodig vir ʼn toetssaak oor skole se godsdiensbeleid en -beoefening.
25 jaar later: Wat sou Mandela sê?
Ernst Roets voel dat ‘n mens net kan spekuleer of Mandela vandag nog tevrede sou wees dat die ANC op die koers is wat hy kort na sy vrylating voorgestaan het.
Amerikaner vas na moorde op drie Moslemstudente
’n Amerikaner wat na bewering drie Moslemstudente doodgeskiet het, het homself glo aan die polisie oorgegee.
Corrie Sanders se moordenaars gevonnis
Marinique Sanders het Woensdag gesê sy ongelukkig oor die vonnisse wat haar pa Corrie, se moordenaars opgelê is.
Junior bestuurderes reël glo Spur-‘rooftog’
ʼn Junior bestuurder het glo Dinsdag se nabootsing van ʼn gewapende roof by die San Diego Spur in die Mountain Mill-winkelsentrum in Worcester in die Wes-Kaap gereël om “personeel op te lei”.
Innibos-boikot ‘kortsigtig’, sê DA
Die ANC se beroep op die Mpumalanga-regering om die Innibos-fees te boikot is “kortsigtig” het die DA in die provinsie Woensdag gesê.
Video: Hy lag nog vir sy hond wat gly…
Dis nou wat mens die “blinde sambok” noem…
Vyf vas vir Vereeniging-egpaar se moord
Twee vroue en drie mans is Dinsdagaand tydens ʼn gesamentlike poging van die polisie en Johannesburgse metropolisie in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn egpaar van Vereniging.
Countrysanger tydens aanval op kleinhoewe geskiet
Die countrysanger Greg Ray, wat sy regterbeen ná ʼn motorongeluk verloor het, is Dinsdagaand in sy linkerbeen geskiet nadat hy en sy vrou tydens beurtkrag op ʼn kleinhoewe in Gauteng aangeval is.
‘Hewitt het gesê verkragting is lekker’
Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75) het glo aan een van sy vermeende slagoffers gesê verkragting is lekker, het die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, Woensdag gehoor.
Bestuurderlose motors binnekort op Engeland se paaie
Die departement van vervoer in die Verenigde Koninkryk het Woensdag bevestig dat hy sy goedkeuring gegee het dat motors, sonder bestuurders, binnekort op openbare paaie getoets mag word.
Sapa-sluiting bring nuwe uitdagings, geleenthede
Die aankondiging verlede week dat die bekende nuusagentskap Sapa einde Maart sluit, is geen losstaande gebeurtenis wat in isolasie beoordeel moet word nie. Dis ʼn simptoom/uitvloeisel van ʼn groter en fundamentele proses van herskikking wat uitspeel in die mediawêreld, skryf Tim du Plessis.
Risiko vir beurtkrag hoog
Eskom het Woensdag gesê daar is ʼn groot risiko dat beurtkrag later Woensdag toegepas sal word.
Gemeenskap staan saam tydens Parys-kragkrisis
Inwoners van Parys in die Vrystaat moes sedert Maandag sonder krag en water oor die weg kom nadat ʼn skakelaar by ʼn substasie in die dorpie ontplof het.
Man in hof oor hy glo e-tol probeer omseil
ʼn Man van Randburg is na wat verneem word die eerste persoon om in ʼn hof te verskyn vir sy beweerde weiering om e-tol te betaal, het Beeld Woensdag berig.
Video: Só wen jy iemand se hart vir Valentynsdag
Suzelle DIY, wat gereeld allerhande nuttige selfdoenwenke op YouTube laai, wys vir jou in dié video hoe om iemand se hart hierdie Valentynsdag te wen.