ʼn Vrou in haar vroeë 30’s is Vrydag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal geneem nadat sy erge brandwonde opgedoen het.
Alles vir Vrydag 13 Februarie 2015
Video: Hond stap ver om eienaar te vind
’n Miniatuur-schnauzer van Cedar Rapids in die Amerikaanse deelstaat Iowa het sowat 15 blokke ver geloop om vir haar eienaar in die hospitaal te gaan kuier.
Reisartikel: ʼn Dag in Bratislawa
Stap saam met Marianne deur die strate van Bratislawa in Slowakye.
Juffrou gesleep: Verdagte weer in hof
Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie waarmee Suzanne Leyden glo etlike meter ver in Sandton, Johannesburg gesleep is, sal na verwagting Vrydag weer in die hof verskyn.
Boek: Liefde sonder beperkings
’n Aangrypende verhaal van ware liefde wat alles oorwin. In dié boek vertel Nick Vujicic en sy vrou, Kanae van hulle liefdes-paadjies en hoe hulle mekaar leer ken en liefkry het. Met hulle verhaal wil hulle ander inspireer in hul soeke na liefde.
Nuuskommentaar: Fasade van beeldbou-aksie vir Zuma afgeruk
Die strategie om pres. Jacob Zuma ʼn presidensiële aanskyn te gee, moes met die staatsrede ’n hoogtepunt bereik, maar het skouspelagtig geboemerang, skryf Herman Toerien.
Christo Landman oorlede
Terwyl alle oë Donderdagaand op die chaos in die parlement in Kaapstad gerig was, is die Afrikaanse politieke leier, dr. Christo Landman, skielik oorlede.
Drama by lughawe oor gidshond
ʼn Siggestremde teoloog het ʼn klag by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) ingedien nadat ʼn beampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe glo nie wou toelaat dat sy gidshond saam met hom vlieg nie, het Beeld Vrydag berig.
Boek: Glipstroom
Maja leef in die glipstroom van die vorige jaar, waar haar lewe in die geil Soutpansberg-streek ‘n moedswil van sy eie ontwikkel het. Haar reise word ‘n poging om begeerte, verlange en skuld te verstaan.
Video: Innibos ‘geskok’ oor ANC-boikot
Die bestuur van die Innibos-kunstefees sê hy is geskok en teleurgesteld oor die ANC se versoek dat die provinsiale en plaaslike regering die fees moet boikot.
Dis dalk die Sharks se goue jaar
Op die regte tyd op die regte plek – en dis ook op rugby van toepassing. Neem nou maar die voorbeeld van oorlede Kitch Christie in die ongekende welslae van die destydse Transvaal asook die Springbokspan.
Twee vas na hulle glo op metropolisie skiet
Twee mans is Donderdagmiddag in Nasrec naby Soweto in hegtenis geneem nadat hulle glo op die metropolisie losgebrand het.
Bob Hewitt: ‘Briewe skep nie goeie indruk’
Die tennislegende Bob Hewitt het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, getuig dat sy briewe aan ʼn 12-jarige tennisstudent 30 jaar gelede nie ʼn goeie indruk skep nie.
Reaksie op pres. Zuma se staatsrede
Opposisiepartye en ander organisasies het grootliks negatief reageer op pres. Jacob Zuma se staatsrede vir 2015.
Gedagte vir die dag: Toeganklike God
Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oop gemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (Matt 7:7-8)