ʼn Grootskaalse soektog is na ʼn 14-jarige meisie van Centurion van stapel gestuur nadat sy Vrydagaand uit haar ouerhuis in Rooihuiskraal verdwyn het.
Lees meerAlles vir Saterdag 14 Februarie 2015
Pa, seun sterf in vliegongeluk
ʼn Man en sy seun is dood nadat ʼn ligte vliegtuig naby die R59 in Parys in die Vrystaat neergestort het.
Vier vas vir Nelspruit-moord en string ander misdade
Vier mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Clive Bowers (60) en ʼn string ander misdade in Nelspruit, Mpumalanga.
Wet sal grondeienaars dwing om te onthul
Die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, wat ʼn plafon vir grond-eienaarskap daarstel, sal binnekort in die parlement ter tafel gelê word.
Media hof toe oor blok van sein tydens staatsrede
Suid-Afrikaanse mediahuise gaan om ʼn dringende hofbevel aansoek doen om ‘n herhaling te keer van Donderdagaand se voorval waar selfoonsein aanvanklik geblok is tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede.
Egpaar geskiet tydens Knysna-huisroof
ʼn Man en vrou is albei in die bors geskiet toe twee gewapende mans by hul huis in Knysna ingebreek het.
Video: Advertensie van verlore hondjie roer steeds die hartsnare
Die Super Bowl-voetbalkampioenskap in Amerika lewer elke jaar van die beste advertensies op. Een van die advertensies wat in 2015 behoorlik die hartsnare geroer het, is ʼn Budweiser-advertensie oor ʼn verlore hondjie.
Fietsryer sterf in gru-ongeluk
ʼn Fietsryer is dood in ʼn botsing met ʼn motor op die N4 buite Nelspruit. Die fietsryer is deur die motor se ruit geslinger.
Gedig: êrens is jy
Een van die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans, Antjie Krog se “êrens is jy”.
Pa vas na baba se dood
ʼn 28-jarige pa van Noordwes is in hegtenis geneem vir die moord op sy ses maande oue baba.
J. Arthur Brown se appèl geweier
Die konstitusionele hof het die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown se aansoek om teen sy vonnis van 15 jaar tronkstraf te appelleer, van die hand gewys.
Twee dood na trein teen motor bots
Twee mense is dood en nog ʼn persoon is kritiek beseer nadat ʼn trein teen ʼn motor gebots het in KwaZulu-Natal.
Poskantoor versoek om verbruikers te vergoed
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor skuld verbruikers R180 miljoen. Só meen die burgerregte-organisasie AfriForum.
Smouse, vensterwassers van JHB-strate verwyder
Die metropolisie het die afgelope week meer as 80 smouse en vensterwassers van Johannesburg se strate verwyder.
Polisieman in hof oor gekaapte motors
ʼn Polisiebeampte wat homself aan die polisie oorgegee het nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het in die Protea-landdroshof verskyn.
Sasol gemaan om ‘onwettige herstruktureringsproses’ te staak
Die vakbond Solidariteit het geëis dat Sasol sy jongste herstruktureringsproses staak en met die vakbond daaroor konsulteer.
Nog vier ‘renosterstropers’ vas
Vier mans wat glo op pad was om ʼn renoster in die Hoedspruit-area te stroop is in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
Man sterf in Vrystaat-botsing
ʼn Man is Vrydagaand dood en drie mans is beseer nadat die motor waarin hulle gery het op die Maselspoortdam-pad in Bloemfontein omgeslaan het.
Gedagte vir die dag: Dissipels, na-lopers en naellopers
Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê! (Joh 15:17)