ʼn Bejaarde vrou is slegs gering beseer nadat sy met haar motor in haar huis vasgejaag het, in Fresno in Kalifornië, Amerika.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 Februarie 2015
Nog 2 tot 3 jaar voor Eskom op dreef is
Dit sal glo nog tussen 20 en 30 maande lank neem voor Eskom weer op dreef is en ingehaal het met instandhouding, het die direkteur-generaal van die departement van energie, Wolsey Barnard, Dinsdag gesê.
Privatiseer Eskom, SAL, sê Buthelezi
Die regering moet staatsbeheerde maatskappye soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Eskom privatiseer en nie nog geld daarin pomp nie, het Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP), Dinsdag gesê.
Tandartsrekords glo in verkragtingsverhoor gebruik
Die staat sal na verwagting tandartsrekords gebruik om ʼn man, wat van die verkragting en moord op dr. Rensia de Wet beskuldig word, op die toneel te plaas.
Skoliere glo ‘bobbejane’ genoem
ʼn Skoolhoof en twee onderwysers is geskors nadat leerlinge en ouers by die Hoërskool Reynopark in Witbank, Mpumalanga glo die k-woord en bobbejane genoem is.
10-jarige vermoor toe sy wou gaan skyfies koop
ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 10-jarige meisie in Ventersdorp in Noordwes.
Fietsryer in Kampsbaai doodgery
ʼn Fietsryer in sy 50’s is Dinsdagmiddag in Kampsbaai in Kaapstad doodgery.
Wen ʼn DVD van Leading Lady!
Hier is vir jou goeie nuus indien jy die skreeusnaakse fliek, Leading Lady, op die grootskerm misgeloop het of dalk die fliek weer en weer wil kyk: die DVD is nou beskikbaar!
‘Zuma is ʼn gebroke man wat oor ʼn gebroke samelewing heers’
Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het Dinsdag tydens die parlementêre debat oor die staatsrede behoorlik ingeklim onder pres. Jacob Zuma.
Luister: Rocco de Villiers vier 25 jaar agter die klavier
Die pianis, Rocco de Villiers, vier vanjaar twee besonderse mylpale.
ER24-werker word vermis
ʼn Soektog is van stapel gestuur na Corrie Craukamp (52), ʼn personeellid van ER24-nooddienste, wat Maandag verdwyn het.
Video: Reuse-grondeis in Pretoria
‘n Man wat in 1996 ‘n grondeis ingedien het vir ‘n groot gedeelte van Gauteng eis nou wéér grond in Pretoria.
Oud-polisiekaptein sterf tydens huisroof
Een van die land se beste polisiemanne, ʼn goeie vriend en ʼn kranige rugbyspeler is op ʼn baie slegte manier van ons weggevat. Só beskryf ʼn jarelange vriend die dood van André ‘Fabby’ Fabricius nadat hy Dinsdag tydens ʼn huisroof in Johannesburg geskiet is.
Man in hof na hy glo baba as wapen gebruik
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn baba as ʼn wapen gebruik het om sy vriendin mee aan te val, het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
‘n Huldeblyk aan Leonore Veenemans
Die Afrikaanse sopraan Leonore Veenemans sou gister haar tagtigste verjaardag gevier het.
Nuwe vrystellings: 16 Februarie 2015
Dewald Wasserfall, Eden en Gerhard Steyn en Anaïs het almal nuwe vrystellings hierdie week.
Uitdrukking: Iemand laat deurloop
Waarom sê mens iemand “loop deur” as hy ‘n loesing kry? Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié uitdrukking.
Bob Hewitt-verhoor: ‘Slagoffer het nie genoem sy was verkrag nie’
Die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, het Dinsdag gehoor een van Bob Hewitt se beweerde slagoffers het tydens ʼn onderhoud met die media gesê die voormalige tenniswêreldkampioen het haar seksueel aangerand, maar geen melding van verkragting gemaak nie.
Video: Greenpeace kap regering oor kernkragplan
Greenpeace meen die regering se planne om miljarde rand aan kernkrag te bestee is nie die antwoord op Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis nie.
Gigaba: ‘Kry jou nuwe ID by die bank’
Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Dinsdag aangekondig dat die publiek binnekort by van die land se groot banke vir die nuwe slim ID-kaarte kan aansoek doen.