Op die ou einde moet kunstefeeste ʼn ruimte bied waar verskillende kunsvorme kan gedy. Onderliggend hieraan lê ʼn verdraagsaamheid vir mense wat anders mag dink as jyself. En dit is hierdie gees wat kunstefeeste behoort te koester en bevorder.
Alles vir Dinsdag 17 Februarie 2015
Polisiebeamptes steel glo op moordtoneel
Drie polisiebeamptes is Dinsdagoggend in Ocean View in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van diefstal.
Foto’s: Kitsvloede saai chaos in Randburg
Verskeie huise is Dinsdag in Randburg, Gauteng, beskadig nadat swaar reën kitsvloede veroorsaak het.
Skolier in hof ná moord oor meisie
ʼn 17-jarige skolier van Mpumalanga het in die hof verskyn nadat hy glo ʼn 18-jarige skoolmaat met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het tydens ʼn onderonsie oor ʼn meisie.
Wildrit-voertuig omgegooi; olifant nié van kant gemaak
Die Nkomazi-wildreservaat in Mpumalanga het ten sterkste gerugte op sosiale media ontken dat ʼn olifantkoei en haar kalf van kant gemaak gaan word weens ʼn voorval verlede maand waar ʼn wildbesigtingsvoertuig omgegooi is.
Seinblokkering-saak in hof
Mediahuise en verskeie ander organisasies sal Dinsdag ʼn aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad bring om die parlement te verhoed om in die toekoms selfoonsein te blok.
TUT-klasse opgeskort weens onluste
Die bestuur van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het besluit om onderrig by al sy kampusse op te skort en koshuise te ontruim weens betogings, hoofsaaklik oor studentegeldfinansiering, wat gewelddadig geraak het.
Boek: Jy is kosbaarder as korale
Vir elke vrou wat wonder oor haar waarde, het Karen Moore goeie nuus: Jy is vir God kosbaarder as korale!
Boek: Solank verlange die sweep swaai
Danie Marais se derde digbundel is ’n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand.
Nuuskommentaar: Ballingskap in eie land
Die gebeure in die boek Nehemia kom sterk ooreen met die posisie waarin Christene, die Afrikaner en ander minderhede hulle nou in Suid-Afrika bevind, skryf Herman Toerien.
Hewitt terug in hof
Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75) sal Dinsdag weer in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, verskyn waar hy tereg staan op aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding.
‘n Vrolike uitkyk
Laat ons in hierdie maand mekaar so ‘n bietjie digitaal moed inpraat, so ‘n bietjie die silwerrandjies om die donker wolkies soek.
Man skuldig aan verkragting van bejaarde
ʼn 33-jarige man is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die aanranding en verkragting van ʼn 74-jarige vrou.
Foto’s: Groot brand in Vredehoek
Brandbestryders het Maandagaand gespook om ʼn groot brand in Vredehoek in Kaapstad onder beheer te bring.
Uiterste hitte vir Weskus voorspel
Inwoners aan die Weskus, in die Wes-Kaap en dele van die Noord-Kaap moet gereed maak vir uiters warm weersomstandighede, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) gesê.
Gedagte vir die dag: Selfs beter as tevore
Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Julle ken Hom, om dat Hy by julle bly en in julle sal wees. (Joh 14:16-17)