ʼn Agtste kind is dood nadat ʼn bakkie wat skoolkinders vervoer het onlangs teen ʼn huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gebots het.
Alles vir Woensdag 18 Februarie 2015
Drie vas vir De Wildt-plaasaanval
Drie verdagtes sal binnekort in die hof verskyn in verband met die aanval op Hannes (77) en Annetjie (74) van der Merwe verlede maand op hul plaas in De Wildt in Noordwes.
Neem deel aan Majuba- en Slagtersnek-herdenkings
Majubadag het sy naam te danke aan die Boere se oorwinning tydens die Slag van Majuba in 1881, te midde van die Eerste Vryheidsoorlog. Dié dag word steeds jaarliks by die Majuba-gedenkplaas naby Volksrust gevier, en vanjaar is geen uitsondering nie.
Waterkrisis knou dorpe in Noordwes
Dorpe in Noordwes wat onder die Ditsobotla-distriksmunisipaliteit val kan moontlik nog vir maande waterprobleme ervaar weens die opgradering van infrastruktuur, het Beeld Woensdag berig.
Seuntjie sterf na kliniek glo pa wegwys
Die departement van gesondheid in Gauteng stel ondersoek in na die dood van ʼn vyfjarige seuntjie nadat sy pa glo deur veiligheidspersoneel by ʼn kliniek in Johannesburg weggewys is.
Boek: Ettie Bierman Keur 10
Drie liefdesverhale in een van Ettie Bierman se omnibusse.
Gedig: Bosveld
Ingrid Jonker se gedig, “Bosveld”
Nuuskommentaar: Die (l)agbare president, sy “intelligensie”-diens, parlegate en die kokkerot
Waar Watergate sy “deep throat” opgelewer het, lewer parlegate nou net ʼn grinnikende president op – terwyl van hom verwag word om sy kop in skaamte te sak, skryf Herman Toerien.
Vyfde skool in Malamulele afgebrand
ʼn Skool in Xigalo, naby Malamulele in Limpopo, is Woensdag in die vroeë oggendure gedeeltelik afgebrand. Dit is die vyfde skool wat sedert Januarie in die gebied aan die brand gesteek is.
Polisieman, nog vier vas oor rooftog
Vyf mense, insluitend ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn winkel in Limpopo.
Ricus Nel verdien goue status
Die sanger en musikant, Ricus Nel, se nuutste album het op 16 Februarie net vier maande nadat dit vrygestel is goue status bereik.
Video: Besoedelingsprobleem in Gauteng
By ‘n rioolaanleg in Gauteng kry ‘n mens ‘n goeie idee van dit waarmee die land te kampe gaan hê indien daar nie beter na waterbronne gekyk word nie.
R75 miljoen Lotto-prysgeld nog nie opgeëis nie
Altesaam R75 miljoen in Lotto-prysgeld is nog nie opgeëis nie, het die bedryfsoperateur van die Lotto, Gidani, Dinsdag gesê.
Tiener vermoor glo kêrel op Valentynsdag
ʼn 18-jarige meisie is in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel op Valentynsdag vermoor het, het die polisie in die Vrystaat Dinsdag gesê.
Stiefpa sit lank na verkragting
ʼn 39-jarige Man van Mpumalanga wat sy twee stiefdogters verkrag het terwyl hul ma by die werk was, is Dinsdag in die Nelspruit-streekshof gevonnis.
Gedagte vir die dag: Kry wat jy gee
Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en prop vol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. (Luk 6:38)