ʼn Video van ʼn meisie in KwaZulu-Natal wat deur ander twee skoliere geklap, gestamp en in die maag geskop word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media, het The Star Donderdag berig
Alles vir Donderdag 19 Februarie 2015
Roodepoort-onnie sterf voor kinders in die klas
ʼn Onderwyser van ʼn skool in Roodepoort is dood nadat hy in die klas voor die skoliere ʼn hartaanval gehad het, het Beeld Donderdag berig.
Nuuskommentaar: Kleptokrasie, nepokrasie, sekurokrasie…
Die tafereel wat deur kommentators van die land geskets word lyk surrealisties. Vir enigeen met ’n waardestelsel is dit ondenkbaar dat dit so gaan. En dat die president die ontsteltenis hieroor so komies vind dat hy hom ’n papie daaroor lag, is onverskoonbaar.
Gedenkdiens vir oud-polisiekaptein
ʼn Gedenkdiens word Vrydag gehou vir André ‘Fabby’ Fabricius, ʼn voormalige polisiekaptein van die destydse moord-en-roofeenheid in Pretoria wat Dinsdag tydens ʼn huisroof in Johannesburg doodgeskiet is.
’n Middelgrond vir Afrikaners
Vandag is dit noodsaaklik dat Afrikaners nie in ekstreme denke verval nie, maar dat hulle hulself eerder in ’n lewensbeskoulike middelgrond tuismaak, skryf Danie Goosen.
‘Rasherrie’ by Roodepoort-laerskool
Die Gautengse departement van onderwys het die Johannesburgse hooggeregshof genader om ʼn interdik te bekom om ouers te verhoed om by Roodepoort Primary School te betoog, die skoolhoof en onderwysers te dreig of hulle toegang tot die skool te weier.
Boek: Leserskring Spogresepte
Dié spesiaal uitgesoekte spogresepte van Leserskring se bobaaskokke sal ‘n onmisbare plek op enige kombuisrak verower.
Ondersoek ná meisie se ‘stoeldood’
Die Gautengse departement van onderwys het gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn 17-jarige leerling aan Eden Park Secondary School in Alberton, Johannesburg dood is nadat ʼn klasmaat glo haar stoel onder haar uitgetrek het.
SA vriendinne sterf in botsing in Nieu-Seeland
Twee Suid-Afrikaanse vroue, albei 20 jaar oud, is in ʼn ongeluk in Nieu-Seeland dood.
Dr. Pieter Mulder kap Zuma oor minderhede
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het Woensdag tydens die parlementêre debat oor die staatsrede, pres. Jacob Zuma versoek om op te hou om Afrikaners en ander groepe aan te val en weg te dryf.
Metrobeampte skuldig aan moord
ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria daaraan skuldig bevind dat hy sy vriendin verwurg en haar liggaam aan die brand gesteek het.
Gedagte vir die dag: Die Neutkraker
Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik. (Matt 19:26)