Die Universiteit Stellenbosch (US) se opedag is die ideale geleentheid waar Graad 11- en 12-leerders alles kan uitvind oor universiteitstudie, loopbaankeuses, beurse, lenings en die studentelewe. Die opedag vind op 28 Februarie tussen 09:00 en 16:00 by die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse plaas.
Alles vir Vrydag 20 Februarie 2015
Goeie nuus: Kaapse vierling by die huis – foto’s
Die Du Plessis-vierling van Kaapstad is uiteindelik, na 70 dae in die hospitaal, by die huis.
SA op hoë gereedheid vir 11 terroriste
Die Verenigde Nasies (NV) se veiligheidsraad het Suid-Afrika gewaarsku om op die uitkyk te wees vir 11 internasionale terroriste wat kan besluit om die land as hul operasionele basis te gebruik, het The Times Vrydag berig.
Reis op die ompaaie
Reis saam met Bernard K Hellberg van Pretoria na Stilbaai in die Mitsubishi ASX.
Polisie monitor situasie by Roodepoort-laerskool
Die polisie en amptenare van die Gautengse departement van onderwys monitor die situasie by Roodepoort Primary School in Johannesburg terwyl ouers betoog oor die skool se nuwe hoof.
Boek: Bielie Bybelpretboek
Die Bielie Bybelpretboek is perfek vir liefhebbers van blokraaisels en ander woordspeletjies. Dit is ’n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel toets.
Só word Suid-Afrika ge-Zumafiseer
Daar is toenemende ooreenstemming dat die land in ʼn groeiende krisis inbeweeg, en dat pres. Jacob Zuma deel van die probleem eerder as die oplossing is. Sy vervanging gaan dalk die regeringsprobleem oplos, maar nog nie die dieper bedelingsprobleem nie, skryf Flip Buys.
Spykerskriftablette oor ballingskap van Juda in omstredenheid
Kleitablette wat 2 500 jaar oud is en uit die suide van die teenswoordige Irak kom, is volgens spykersrifdeskundiges die oudste geskrewe bewyse van die ballingskap van Juda in Babilonië.
Ses vas ná wilde jaagtog deur Durban
Ses vermeende rowers is Donderdag in Durban in hegtenis geneem ná ʼn wilde jaagtog en oor-en-weer-skietery met die stad se polisie en metropolisie.
Nuuskommentaar: Raak Suid-Afrika lag-lag onregeerbaar?
Gegewe die hoë vlakke van frustrasie is dit te verstane dat die land in 2014 die hoogste vlak ooit in gewelddadige proteste ervaar het, skryf Herman Toerien.
Drie vas oor Malamulele-onluste
Drie mense is in Malamulele in Limpopo in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by voortslepende onluste in die gebied.
Video: ‘SA sal mielies moet invoer’
Graan SA sê daar is ‘n 90% kans dat Suid-Afrika vanjaar mielies gaan moet invoer weens die knellende droogte in dele van die land.
Noordwes-misdadiger sit baie lank
ʼn Man van Noordwes is tot drie keer lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 251 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan ʼn string misdade, waaronder moord en verkragting, skuldig bevind is.
SA man vas in Botswana; ondersoek glo suster se dood
Die polisie in Botswana het twee Suid-Afrikaners in hegtenis geneem nadat hulle hul glo as polisiebeamptes voorgedoen het, het die Global Post berig.
Metrobeampte gevonnis vir moord op vriendin
ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis nadat hy sy vriendin verwurg en aan die brand gesteek het.
Gedagte vir die dag: Aardjie na sy vaartjie
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. (Matt 5:9)